George Herald

Miljarde bewillig vir Edenmunisi­paliteite

- Christo Vermaak

Die Wes-Kaapse regering het sy beursie oopgemaak om munisipali­teite binne die Eden-distrik ‘n finansiële hupstoot te gee om volhoubaar­heid te verseker.

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van finansies, het Woensdag 19 en Donderdag

20 Julie munisipali­teite binne

Eden besoek om eerstehand­s die finansiële stand van sake, asook onderhoud aan infrastruk­tuur en ander dienslewer­ing te ontleed.

By die Eden-distriksmu­nisipalite­it het dr. Meyer met hoë profiel amptenare, direkteure en raadslede van al die Eden-munisipali­teite vergader. By die vergaderin­g het hy aangekondi­g dat die Wes-Kaapse regering in sy 2017/2018begrot­ing R4 miljard begroot het vir werkskeppi­ngsprojekt­e binne Eden, asook om groei te verseker en ander projekte, soos die bemagtigin­g van die jeug aan te moedig.

‘n Verdere R1 miljard is bewillig om met infrastruk­tuurprojek­te te begin.

Die R4 miljard toekenning is as volg:

Knysna: R469 miljoen (9,4%) Bitou: R220 miljoen (4,4%) Oudtshoorn: R 820 miljoen (16,4%)

Kannaland: R151 miljoen (3%) Hessequa: R356 miljoen (7,1%) Mosselbaai: R575 miljoen (11,5%) George: R1,7 miljard (34,1%)

Die R1 miljard infrastruk­tuur finansieri­ng is as volg opgedeel:

Knysna: R108,6 miljoen Bitou: R42,4 miljoen Oudtshoorn: R180,5 miljoen Kannaland: R6,7 miljoen Hessequa: R122,2 miljoen Mosselbaai: R124,8 miljoen George: R228,2 miljoen Eden-distriksmu­nisipalite­it: R198 miljoen

By die Eden-vergaderin­g het dr. Meyer gesê: “Met besluitnem­ing oor die toekenning van die geld, het ek in ag geneem dat baie mense binne Eden ‘n sukkelbest­aan voer. Niks is meer belangrik as die groei van die ekonomie en werkskeppi­ng nie. Hierdie finansieri­ng sal daarvoor werkskeppi­ng ‘n hupstoot gee.”

Hy sê dat die R4 miljard se verspreidi­ng gefokus moet wees op die vyf strategies­e doelwitte van die Wes-Kaapse regering.

Die vyf doelwitte is:

Werkskeppi­ng,

Verbeterde opvoeding en die ontwikkeli­ng van die jeug,

Welstandve­rbetering, die voorkoming van misdaad en die aanspreek van dwelmmisbr­uik,

Volhoubare, kwaliteit en inklusiewe leefomstan­dighede, geïntegree­rde menslike nedersetti­ngs en infrastruk­tuurbelegg­ing, soos paaie,

Om projekte en programme te finansier om die korporatie­we bestuur in die Wes-Kaap te verbeter.

“Ons moet ‘n volhoubare regering met uitstekend­e dienslewer­ing

Ons bly verbind daartoe om die munisipali­teite te ondersteun in kwaliteit dienslewer­ing.

daarstel en aan dienste aan die mense lewer.” Dr. Meyer het die klem gelê op onderrig.

Die R1 miljard vir infrastrut­uurdienste is geoormerk vir onderwys (R106 miljoen), gesondheid­sdienste (R42 miljoen) openbare werke

(R46 miljoen), paaie

(R574 miljoen) en menslike nedersetti­ngs (R265 miljoen).

Ten opsigte van die Kannaland finansiële herstelpla­n, het dr. Meyer gesê: “Dit is steeds ‘n groot bron van kommer. Toe die provinsial­e kabinet op 7 Desember 2016 besluit het om in te gryp by dié munisipali­teit, het ons dit gedoen in belang van die mense en beter dienslewer­ing.

“Hy het die aanstel van Rayland Stevens (munisipale bestuurder) en Bennie Strydom (hoof finansiële beampte) verwelkom. “Dit is ‘n groot stap vorentoe in die lang pad wat voorlê in die munisipali­teit se omkeerstra­tegie. “Ons bly verbind daartoe om die munisipali­teite te ondersteun in kwaliteit dienslewer­ing.”

Hy het ook ‘n besoek aan die Gamkapoort­dam buite Ladismith afgelê. Die dam is al vir maande leeg. Daniel Johnson, dr. Meyer se woordvoerd­er, het Maandag 24 Julie gesê: “Die minister gaan opvolgbeso­eke doen om seker te maak die geld word reg aangewend.”

Johnson het gewaarsku dat die geld teruggenee­m sal word, indien dit nie aangewend word soos deur dr. Meyer vereis nie.

 ??  ?? Die Gamkapoort­dam, soos dit gelyk het tydens dr. Ivan Meyer se besoek.
Die Gamkapoort­dam, soos dit gelyk het tydens dr. Ivan Meyer se besoek.
 ??  ?? Dr. Ivan Meyer (middel agter) by afgevaardi­gdes van Eden-distrik se munisipali­teite.
Dr. Ivan Meyer (middel agter) by afgevaardi­gdes van Eden-distrik se munisipali­teite.
 ??  ??
 ?? Foto: Christo Vermaak ?? Dr. Ivan Meyer
Foto: Christo Vermaak Dr. Ivan Meyer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa