George Herald

Dossier raak pad byster

- Michelle Pienaar

Vertoë wat tot die direkteur van openbare vervolging (DOV) gerig is om 'n saak van aanranding, waarby twee DA-raadslede van die George-stadsraad betrek word, van die rol te skrap het nooit die DOV bereik nie.

Johan Stander, 'n lid van die burgemeest­erskomitee, het verlede Donderdag sy tweede hofverskyn­ing in die George-landdrosho­f gemaak, op ‘n klag van aanranding. Dit volg nadat sy kollega Gert Niehaus, ook 'n lid van die burgemeest­erskomitee, 'n klag teen Stander by die polisie ingedien het.

Die saak is finaal tot 4 September uitgestel, vir 'n antwoord van die DOV. "Hulle moet teen 4 September die dossier hê en 'n beslissing maak," het Eckert Brand, Stander se regsvertee­nwoordiger gesê.

"Aangesien die staat nie noodwendig blameer kan word dat die dossier nie by sy bestemming uitgekom het nie, gaan hy (landdros M. Mgwebile) vir hulle verdere uitstel verleen om die dossier op te spoor en dan die beslissing op die vertoë te maak. Die vervolging­sgesag kan nie 'n beslissing neem sonder die dossier nie."

Brand is steeds van mening dat dit 'n saak is oor 'n onbenullig­heid wat nie in die hof hoort nie. Die onmin het ontstaan na 'n onderonsie in Oktober verlede jaar oor 'n parkeerple­k voor Georgemuni­sipaliteit. Niehaus het sy voertuig parkeer op 'n plek wat Stander beskou as sy eie. Die raadslede het na bewering slaags geraak, waarna Niehaus 'n klag van aanranding geopen het.

Stander het by 'n versoek om kommentaar gesê die regsproses moet sy loop neem. "Ek glo geregtighe­id sal aan die einde van die dag seëvier." Niehaus het nie die hofsitting bygewoon nie.

Ek glo geregtighe­id sal aan die einde van die dag seëvier.

 ??  ?? Gert Niehaus
Gert Niehaus
 ??  ?? Johan Stander
Johan Stander

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa