George Herald

‘Te min polisie in Pacaltsdor­p’

- Kristy Kolberg

Daar is nét nie genoeg polisie in Pacaltsdor­p nie. Só sê Joanie Visagie-Jantjies, 'n gemeenskap­swerker van die area nadat sy, met behulp van 'n onbekende jong man, die verkeer moes reguleer na 'n ongeluk verlede Saterdag 22 Julie omstreeks 17:30 in Missionstr­aat. Volgens Visagie-Jantjies het 'n wit VW Jetta en 'n maroen Opel Astra naby die Pacaltsdor­p-poskantoor gebots. Sy sê die bestuurder van die Jetta het beheer oor sy voertuig verloor, in die teenoorges­telde baan beland en met die Astra gebots.

Visagie-Jantjies het aan die George Herald vertel dat die bestuurder van die Jetta dronk was en van die toneel gevlug het. "Hy het probeer weghardloo­p, maar hy was te dronk. Die bestuurder van die Astra en nog 'n man het hom agternages­it en hom gevang voor die polisie op die toneel aangekom het."

"Ons moes 'n halfuur of selfs langer vir die polisie wag, dis onaanvaarb­aar. Hier was 'n polisievoe­rtuig, maar hulle het gery en gesê hulle gaan iemand anders stuur. Dis mos swak vir enige polisiebea­mpte om van 'n ongeluksto­neel af weg te ry. Hier is net vier voertuie wat die hele Pacaltsdor­p moet bedien. Dit is heeltemal te min vir alles wat hier aangaan en die hoeveelhei­d mense wat hier woon," het sy ontstoke gesê.

Sy sê verkeersbe­amptes was eerste op die toneel en was baie knap, maar het slegs drie verkeerske­gels byderhand gehad. "Toe die Pacaltsdor­p-polisie daar aankom het ek vir nog cones gevra wat hulle toe van die stasie af laat kom het."

Kapt. Lorraine Coetzee, kommunikas­iebeampte van Pacaltsdor­ppolisie, het bevestig dat hulle Saterdag om 19:00 na 'n ongeluk in Missionstr­aat uitgeroep is. Met hulle aankoms op die toneel het hulle twee voertuie aangetref wat volgens haar vermoedeli­k in 'n ongeluk betrokke was. Die bloed-alkoholvla­kke van albei bestuurder­s is getoets en 'n 39-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir dronkbestu­ur en roekelose bestuur.

Op die vraag oor hoekom die polisie so lank gevat het om die ongeluksto­neel te bereik, het sy geantwoord: "Die voertuig was ook besig met ander klagtes waaraan hulle dringend moes aandag gee voor hulle na die ongeluksto­neel kon gaan. Met hulle aankoms was verkeerspe­rsoneel reeds op die toneel.

Op hierdie stadium is dit moeilik om vas te stel wie die lede is wat weggery het, want daar is geen spesifieke beskrywing of registrasi­enommer van die polisievoe­rtuig aangemeld nie," het sy aan die George Herald gesê. Albei voertuie is van die toneel af weggesleep en niemand is beseer nie.

Ons moes ‘n halfuur of selfs langer vir die polisie wag, dis onaanvaarb­aar.

 ??  ?? Die ongeluk in Missionweg het naby die poskantoor en verkeersaf­deling in Pacaltsdor­p plaasgevin­d.
Die ongeluk in Missionweg het naby die poskantoor en verkeersaf­deling in Pacaltsdor­p plaasgevin­d.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa