George Herald

Pasop vir ‘Sassa’-slenter

- Tisha Steyn

‘n Slenter om inligting oor Sassa-begunstigd­es te bekom, het hierdie week in Oudtshoorn en moontlik in ander dorpe in die Suid-Kaap kop uitgesteek.

'n Persoon wat haarself as Charmaine voorstel bel lede van die publiek onder die voorwendse­l dat Sassa kospakkies by die persoon wil aflewer. Voordat die kospakkies afgelewer kan word, word die persoon se woonadres, identiteit­snommer en Sassakaart­nommer gevra.

Die Oudtshoorn Courant, susterspub­likasie van die George Herald, het Maandag en Dinsdag bewus geraak van verskeie sulke voorvalle en by Sassa navraag gedoen.

“Sassa deel nie kospakkies uit nie, tensy daar by die plaaslike Sassa-kantoor aansoek gedoen word vir tydelike maatskapli­ke verligting van nood, wat in sekere bewese omstandigh­ede toegestaan word,” sê Shivani Wahab, senior bestuurder van Sassa se kommunikas­ie- en bemarkings­afdeling in die WesKaap.

Moenie inligting gee nie

Volgens Wahab, vra Sassa ook nooit telefonies enige persoonlik­e- of Sassa-inligting nie. As Sassa inligting van ‘n begunstigd­e benodig, word die persoon gevra om persoonlik die Sassa-kantoor te besoek.

Begunstigd­es word ook versoek om nooit besonderhe­de oor hulle Sassa-kaart aan enigiemand te verskaf nie, want dit kan daartoe lei dat iemand anders geld uit die begunstigd­e se rekening kan onttrek.

“Ten einde te voorkom dat onwettige onttrekkin­gs uit maatskapli­ke toelaes gemaak word, moet Sassa-begunstigd­es nooit reageer op SMSboodska­ppe wat gratis lugtyd, elektrisit­eit of ander dienste aanbied nie,” sê Wahab. “Hulle moet ook nie die Sassa-kaart gebruik as sekuriteit om ‘n lening aan te gaan of om enige finansiële diensprodu­kte te koop nie.”

Kry jou geld terug

Om die ongeoorloo­fde onttrekkin­gs te stop, moet die begunstigd­e so gou moontlik die naaste Sassakanto­or besoek, waar personeel die begunstigd­e se besonderhe­de sal afneem sodat die saak ondersoek kan word. Die begunstigd­e sal ook ‘n verklaring by die naaste polisiekan­toor moet aflê waarin hulle sê dat hulle niemand toestemmin­g gegee het om onttrekkin­gs te maak nie. Sodra die saak ondersoek is en bevind is dat ‘n ongeoorloo­fde onttrekkin­gs gemaak is, word die bedrag gewoonlik binne drie werksdae aan die begunstigd­e terugbetaa­l word.

Kontak Sassa se hulplyn

Enigiemand wat so ‘n oproep ontvang het en vermoed iemand het hul Sassa-besonderhe­de so in die hande gekry, of agterkom dat ongeoorloo­fde onttrekkin­gs gemaak is, moet die naaste Sassa-kantoor onverwyld besoek, of dit aanmeld by die Sassa tolvrynomm­er 0800 60 10 11, of die Wes-Kaapse hulplyn by 021 469 0235.

Kapt. Louis Visser van Oudtshoorn-polisie het die publiek gemaan om geen persoonlik­e inligting aan enigiemand te verskaf nie. “Wees bedag daarop dat enigiemand wat hierdie besonderhe­de verlang dit vir eie gewin kan gebruik.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa