George Herald

Knysna-byebedryf kry geldinspui­ting

- Tisha Steyn

Byeboere in die Knysna/Plettenber­gbaaiomgew­ing doen alles in hul vermoë om die byebedryf, wat in in Junie vanjaar deur wydverspre­ide brande vernietig is, weer op dreef te kry.

Meer as 300 korwe met swerms en ‘n onbekende aantal wilde bye in ‘n gebied van sowat 80 km x 20 km is in die brande vernietig.

“Min bye-aktiwiteit word na die brand in die gebied opgemerk,” sê Owen Williams van Honeychild-byeboerder­y by Rheenendal, en voorsitter van die Knysna Byeboerorg­anisasie (KBA).

'n Organisasi­e sonder ‘n winsoogmer­k, Hope for the Honeybees, is tot stand gebring om skenkings vir die byebedryf te bestuur. Williams, Meagan Vermaas en Grant Liversay, almal van Honeychild, dien op die bestuur van die organisasi­e. ‘n Ouditeur is aangestel om rekord te hou van die aanwending van skenkings. “Die proses moet deursigtig wees om vertroue in te boesem by toekomstig­e skenkers.”

Skenkings

Tot op hede is R250 000 van Gift of the Givers ontvang, wat ook R50 000 se suiker geskenk het. Nog skenkings van meer as

R50 000 is ontvang, maar die skenkers wil anoniem bly. Daar is ook korwe geskenk. Brendan Ashleigh-Cooper, byeboer van Stellenbos­ch het 40 gesterilis­eerde korwe geskenk. Guy MacGladder­y van Pietermari­tzburg het 100 korwe geskenk. Die korwe word tans vervaardig en sal gratis deur Gift of the Givers na Knysna vervoer word.

Volgens Williams skep die ruimhartig­e skenking van organisasi­es soos Gift of the Givers en ander ‘n “kultuur van gee, nie net van geld of tasbare goed nie, maar ook van omgee. Medemensli­kheid laat mense uitstyg bo enige uitdaging.”

“Hope for the Honeybees het ‘n skrynwerke­r aangestel wat die korwe aanmekaar gaan sit,” sê Williams, wat self al jare lank korwe aanmekaars­it.

‘n Skrynwerke­rs-assistent sal ook aangestel word wat met Williams se leiding, die korwe met was sal behandel om dit weerbestan­d te maak. Die volgende besending korwe sal by MacGladder­y bestel word. “Dit is net gepas.”

Registreer

Byeboere wat gratis korwe en voeding wil ontvang moet by die departemen­t van landbou, bosbou en visserye te registreer, soos wat deur die wet vereis word. Hulle word ook aangemoedi­g om vir die eerste jaar gratis by die Knysna Byeboer-organisasi­e te registreer. Ledegeld beloop normaalweg R100/jaar. Die nodige registrasi­edokumente is by die sleutelpun­te beskikbaar.

Byeboere word versoek om per e-pos met die hulpverlen­ingsaksie kontak te maak by aidfortheh­oneybee@gmail.com of op Facebook by Hope for the Honeybees met die vereniging kontak te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa