George Herald

Kwagga-slimkop is passievol oor wiskunde

- Brümilda Swartbooi

Emma Nel is gebore met ‘n liefde vir wiskunde in haar are.

Wanneer Emma nie ingespan is voor haar wiskunde nie, dan vind hierdie slimkop haar ontspannin­g in ‘n uitstappie met haar hond en danslesse vir stresverli­gting.

Tydens ‘n telefoonge­sprek met

Nel, klink sy vrolik, sy skep die tipe optimistie­se atmosfeer wat wiskunde vereis. Haar liefde vir somme het al in die laerskool begin, sy het haar ouers, Leonie Schoeman en Frederik Nel, altyd ywerig gesmeek om haar maaltafels te toets. “Die ding van wiskunde wat my die meeste fassineer is hoe mens voor die hand liggende informasie, wat meestal nutteloos voorkom, kan gebruik om iets baie groter te bewys. Dat ‘n idee wat so klein en onbelangri­k lyk, so ’n groot impak kan maak, want daarsonder kan jy nie die probleem oplos of die som uitwerk nie,” sê Nel.

Sy spreek groot lof uit vir haar ouers, want hulle het ‘n groot invloed op haar sukses. Haar ouers het gesorg dat sy aan elke kompetisie deelneem al moes hulle in een dag Kaap toe en terug ry.

Nel, is ‘n boorling van Rustenburg, maar woon al 16 jaar in George. Sy is ‘n gr. 12-leerder aan Hoërskool Outeniqua en dien op die leerderraa­d en akademiese portefeulj­e. Nel sê sy het by al haar vorige onderwyser­s geleer, maar haar wiskundeon­derwyser, Casper Brink, het haar toegerus met vaardighed­e en begrip waarvoor sy dankbaar is.

“Wat hom my gunsteling onderwyser maak, is dat hy al sy leerders uitdaag om verder te dink en meer as net die standaard te doen,” sê Nel. Brink, sê hy is trots op Emma se prestasie wat sy behaal het by die Pan African Mathematic­s Olympiad (Pamo) wat buitekant die gewone wiskunde leerplan strek. Volgens hom is Emma ook baie behulpsaam teenoor die ander leerders in haar klas. “Sy het altyd die potensiaal gehad om puik te presteer,” sê Brink.

Emma, het ‘n bronsmedal­je verower tydens vanjaar se (Pamo). Sy was deel van die Suid-Afrikaanse span. Emma sê gedurende interaksie met haar spanlede het sy opnuut besef dat elke persoon ‘n kenmerkend­e persoonlik­heid het. “Hierdie idee van ‘n stereotipi­ese ‘nerd’ wat op ‘n sekere manier aantrek of op ‘n sekere manier optree, is bloot ‘n miete. Ons kom van verskillen­de skole, verskillen­de kulture, verskillen­de agtergrond­e en is elkeen verskillen­d, maar steeds kon ons saam so ‘n ongeloofli­ke tyd hê.”

Nel het as gr. 8-leerder vir die eerste

Sy het altyd die potensiaal gehad om puik te presteer.

keer van die Pamo kompetisie gehoor, nadat sy hul webblad besoek het. Sy sê dit het vir haar onwerklik geklink dat mense na ander lande reis om aan wiskundeko­mpetisies deel te neem, en vanjaar het haar droom uiteindeli­k ‘n werklikhei­d geword.

“Ek is dankbaar vir die voorreg om deel te kon neem en vir alles wat ek by die wiskundeka­mpe en Pamo kon leer en dit motiveer my juis om harder daarvoor te werk. Maar die grootste motivering vir my is bloot dat ek dit geniet het.”

Die pêrels van wysheid wat Nel oordra aan persone wat droom om ook eendag aan die Pamo deel te neem is om positief te bly. “Dit gaan uitdagend wees, maar al wat saak maak is hoe hard jy bereid is om te werk om dit te bekom. Dit verg harde werk, maar dit is die moeite werd.”

 ??  ?? Emma Nel
Emma Nel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa