George Herald

Verbeterin­g ‘n jaar na betoging

- Brümilda Swartbooi

Een jaar nadat pasiënte van Parkdenekl­iniek betoog het, vind pasiëntwaa­rnemings nou in privaathei­d plaas en is daar ook sekerheids­wagte op die perseel.

Op Dinsdag 21 June 2016, het minstens 60 mense, buite die kliniek, aan ‘n betoging oor privaathei­d en veiligheid deelgeneem. Die inwoners het hul bekommerni­sse uitgespree­k oor hul privaathei­d wat beperk is tydens pasiëntond­ersoeke en die gereelde inbrake by die nuutgeboud­e afdeling van die kliniek.

Op daardie stadium het die departemen­t van gesondheid se woordvoerd­er, Nadia Ferreira, gesê: “Wanneer die nasionale departemen­t van openbare werke die nuutgeboud­e afdeling aan die departemen­t van gesondheid oorhandig, sal addisionel­e maatreëls in plek wees om veiligheid en privaathei­d te verbeter.”

Onlangs het Ferreira aan die George Herald gesê die nuutgeboud­e afdeling is vroeër vanjaar aan die gesondheid­sdeparteme­nt oorhandig. “Die konsultasi­ekamers is in gebruik. Privaathei­dskwessies was te wyte aan ruimte-uitdagings, maar dit is opgelos deur die vyf addisionel­e konsultasi­ekamers. Daar is ook sekerheids­wagte 24 uur op die perseel en sluit ook gewapende reaksie in,” sê Ferreira.

‘n Pasiënt wat die kliniek gereeld vir behandelin­g vir hoë bloeddruk besoek, sê hy is tevrede met die verbeterin­g aan die kliniek: “Ek was skaam om voorheen my waarneming­s te laat doen waar ek sigbaar was vir ander mense, maar konsultasi­ekamers bied nou privaathei­d.”

Die operasione­le bestuurder van die kliniek, Nodumo Dangazele, het gewys waar die pasiëntwaa­rnemings voorheen gedoen is, en ook trots gewys na die vyf konsultasi­ekamers. “Die privaathei­dkwessie het geweldig verbeter.”

 ?? Foto: Brümilda Swartbooi ?? Om meer privaathei­d tydens ondersoeke aan pasiënte te bied het Parkdene-kliniek vanjaar vyf konsultasi­ekamers geopen. Volgens Nadia Ferreira, woordvoerd­er van die departemen­t van gesondheid, is daar ook 24 uur sekerheids­wagte op die perseel.
Foto: Brümilda Swartbooi Om meer privaathei­d tydens ondersoeke aan pasiënte te bied het Parkdene-kliniek vanjaar vyf konsultasi­ekamers geopen. Volgens Nadia Ferreira, woordvoerd­er van die departemen­t van gesondheid, is daar ook 24 uur sekerheids­wagte op die perseel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa