George Herald

Goeie pad vir Odie Botha eindig

-

‘n Klein groepie familie en vriende het vroeër die maand van Odie Botha afskeid geneem nadat sy op 11 Julie gesterf het. Botha, wat in die Lyttleton-versorging­soord gewoon het, is op 25 Februarie

1927 gebore. Sy was nie gewoon en alledaags nie. Sy was enigmaties, soms ook eksentriek. ‘n Mens kan haar nie sommer met ‘n paar vinnige hale van die kwas op die kunstenaar­sdoek uitbeeld nie. Daarvoor het sy te veel kante gehad. Haar doopnaam, Euodia beteken letterlik voorspoedi­ge pad of in afgeleide sin, goeie reis. Haar ma het vermoedeli­k die naam in die Bybel gekry. Sy was ‘n vroom gelowige. Sy het vir meer as negentig jaar ‘n goeie reis gehad en op haar eie unieke manier het sy hierdie pad gereis. Sy was die jongste dogter van Thys en Susie Kritzinger van Misgund-Oos se kroos van twee seuns en vier dogters. Na skool gaan sy Stellenbos­ch toe om verder te studeer. Maar aan die einde van haar eerste jaar kom sy egter terug en kondig aan dat sy die volgende jaar nie teruggaan Stellenbos­ch toe nie. Sy gaan trou. Sy het die man van haar lewe ontmoet, Kappie Botha. Hulle twee is op Kappie se verjaarsda­g, 22 Mei 1947, in die voorhuis van haar ouers se huis in die huwelik bevestig. Uit respek vir haar ouers het hulle twee pasgetroud­es egter hulle huweliksna­g in aparte kamers derugebrin­g. Hulle vestig hulle in Worcester waar Kappie Botha ‘n kleremaker was. Odie het by die munisipali­teit gewerk. Daarna trek hulle na die Paarl en verskeie ander

Sy was enigmaties, soms ook eksentriek.

plekke. Na Kappie se aftrede vestig die Bothas hulle in Wilderness.

Maar die goeie pad het die afgelope paar jaar minder goed verloop. Sy het aanvanklik daarteen geskop en gerebellee­r toe sy oorreed moes word om na ‘n plek van versorging te gaan. Sy het egter later erken dat dit beter is omdat die mense van Lytteltonv­ersorgings­oord baie goed was vir haar. - Kobus Victor

 ??  ?? Odie Botha
Odie Botha

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa