George Herald

Amptenare wen die lotto

-

Ek was in Gauteng verlede maand toe die direkteur-generaal se verslag oor die benarde posisie van die land se munisipali­teite bekend gemaak is.

Ek kan nie eens onthou hoeveel munisipali­teite deel is van die handjie vol wat skoon oudits gekry het nie, ek weet net dit was baie baie ver in die minderheid. Daar is selfs munisipali­teite wat nie eens finansiële state vir 2015/2016 voorgelê het nie.

Onderweg na die lughawe is daar 'n lang gesprek hieroor op die radio en David, wat my lughawe toe neem, ry al stadiger om te luister. Soms luister ek en hy so aandagtig dat die rye motors wat teen 20 km per uur voortkruip onder ons uitry, tot groot ergernis van die motors agter ons.

"They have won the lotto, these municipali­ties," sê David. En ek onthou ek het dieselfde ding sowat drie jaar gelede gesê tydens 'n gesprek oor ons destydse munisipale bestuur en ons agbare president.

Om beheer van 'n munisipali­teit oor te neem is omtrent soos om wakker te word met die dorp se spaarvarki­e onder jou kopkussing. Dis net vir oopbreek en uithaal, klink dit my.

As mens die gesprek op die radio kan glo, is die finansiële posisie van munisipali­teite 50% slegter as die vorige tydperk. Die amptenare en raadslede verdien egter markverwan­te, en selfs hoër, salarisaan­passings en boet geen sent in nie. Voeg nou nog hierby die skade wat deur ontstelde inwoners, werkers, unielede en wie ook al 'n kwessie het, aan geboue aangerig word.

Dan raak die gesamentli­ke spaarvarki­e bitter maer. Die ingooigleu­fie op die varkie se rug word verdwerg deur die uithaalgat onder sy pens. Nou ja, mens het nie 'n meestersgr­aad in wiskunde nodig om uit te werk dat jy net vir 'n beperkte rukkie meer uit 'n spaarbussi­e kan haal as wat jy insit nie, dan is hy dolleeg. As dit maar by dolleeg bly, is daar nog kans om weer te begin volmaak. Ongelukkig stop ons land se wyse amptenare nie by dolleeg nie. Op papier gee hulle lag-lag meer uit as wat ooit in die varkie was of kan wees en dan moet daar by ander varkies ingebreek word. Dis wanneer geld wat vir onderhoud en basiese dienste weggesit is in die slag bly.

Met varkie wat leeg is word slaggate groter, vullishope voller, water vuiler, straatligt­e vrekker en die spaarvarki­evasklouer­s se beursies al voller.

By hierdie prentjie voeg David egter nog 'n bietjie donkerte toe ons by 'n padblokkad­e van Metropolis­ie verbyry. Hulle is die rede dat die munisipali­teit se verkeersaf­deling nie geld het nie, reken hy. Nie oor hulle goeie salarisse nie. Oor die geld wat hulle kry, maar wat nie regmatig as boetes inbetaal word nie. Hy wys my 'n R200 noot in sy hempsak. "If I have to get to the airport in time, it's simpler to give R200 than to wait for them to think of an excuse to impound my car."

Hy vertel van sy buurman en -vrou wat verkeersbe­amptes is, maar in 'n dubbelverd­iepinghuis woon, drie motors ry en gereeld met vakansie gaan. "Everyone knows how they pay for that."

Die verkeer op die snelweg kruip stadiger en David vat 'n vinniger ompad. Ek sien nie halfvoltoo­ide huise, gestrooide rommel en leë besigheids­persele raak nie. Ek sien belastingb­etalers se spaarvarki­es wat flenters en beroof langs die pad gestrooi lê. En op televisie raak ons president vreeslik bewoë omdat mense van hom ontslae wil raak terwyl almal kan sien, "I am the best president for the country."

Hannes Visser is die redakteur van die Oudtshoorn Courant, susterspub­likasie van die George Herald.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa