George Herald

80 km/h spoedbeper­king is ‘n nagmerrie

-

E E Swanepoel, George:

Ek rig hierdie brief aan u die munisipale bestuurder van George, Trevor Botha, met die hoop dat u iets kan doen aan die klagte wat ek met menere Boesak en Daniels gehad het op Vrydag 21 April 2017.

Dit handel oor die 80 km/h op die Knysnapad in die rigting van Kraaibosch en die twee malls. Vir jare was dit so gewees, maar met al die uitbreidin­gs in hierdie area kan en moet dit mos nie meer toegelaat word nie. Die spoedbeper­king behoort slegs 60 km/uur te wees. Ons as inwoners nooi u om te kom waarneem met watter lawaai, vanaf voertuie wat nie by die spoedbeper­king (jaag) kan hou nie, ons daagliks te kampe het. Vakansieda­e en naweke is dit nag, tot en met 03:17 in die oggend. Hiervan is die motorfiets­e die ergste. Weet u hoe klink dit as twee motorfiets­e teen volle spoed hier verby jaag op pad mall toe of terug. Dit wil voorkom of die motorfiets­e dink hier kan hulle mekaar uitdaag om te kyk wie se fiets is die vinnigste. Sal u moontlik statistiek­e aan ons voorsien van hoeveel spoedlokva­lle en boetes oor die afgelope ses maande op hierdie pad uitgereik is. Dit wil voorkom of daar geen wil bestaan om hierdie probleem aan te spreek nie, want sedert ek op Vrydag 21 April, met mnr. Boesak in gesprek was het daar nog absoluut niks gebeur nie. Moet daar dan eers 'n geweldige ongeluk plaasvind voordat iets daaraan gedoen gaan word. Met veral die swaarmotor­voertuie wat daagliks hier verby beweeg, gaan hulle onmoontlik betyds kan stop op 80 km/h.

Daar bestaan tans vyf in- en uitdraaipa­aie vanaf die bestaande 60 km/h teken op pad stad in, naamlik; Golf Warehouse, Kraaibosch/ Blue Mountain, Motorhande­laars, Le Vallia en albei malls.

As dit nodig is dat ek hierdie probleem met iemand verder op moet bespreek sal ons dit waardeer as u ons met die persoon in kontak sal bring, of die nodige inligting sal meedeel.

As daar nie optrede gaan wees binne 30 dae vanaf hierdie skrywe nie, sal ek verplig wees om 'n afskrif aan die media te oorhandig, sodat ons in gesprek kan tree met die regte persone vir optrede.

Kommentaar van die George-munisipali­teit is nie teen druktyd ontvang nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa