George Herald

Leef jou drome

-

Tydens Outeniqua Dames Aktueel se laaste vergaderin­g het Riëtte Delport, wat onder die naam Rut skilder, die dames geïnspiree­r met haar lewensverh­aal.

Op 2-jarige ouderdom is haar ma oorlede en het haar alkoholis pa hulle by ‘n kinderhuis afgelaai. Ten spyte van haar omstandigh­ede het sy bly groot droom; besef die lewe skuld jou niks en dat jy self moet woeker om jou drome te bereik. Na matriek het sy in Mosselbaai gaan werk by die Spur en die kleutersko­ol. Nou is sy gelukkig getroud met twee kinders en leef haar grootste droom, om te skilder. Die hooftema in haar pragtige skilderye is engele, want God stuur sy engele om ons te bewaar en ons vrese, wat so dikwels ons drome kelder, te besweer. Sy droom nog oor boeke skryf en illustreer.

‘n Kinderdroo­m van Christelle Oosthuizen van Riversdal was om ‘n wonderwerk te beleef en ‘n engel te ontmoet. Die bruid Christelle se droom was ‘n eie kindjie. Na 10 jaar, 10 miskrame en baie traumas en dramas moes sy die onvermydel­ike aanvaar, totdat haar engelsussi­e besluit om vir haar surrogaatm­a te wees. Weer twee miskrame, maar die ongeloofli­ke wonderwerk gebeur, 'n tweeling! Hierdie besielende ma, boonop disleksies, het ‘n boek oor haar lewe geskryf.

Haar wyse raad is

‘Never give up on your dreams’. Hang jou drome aan ‘n wasgoedlyn en leer hulle vlieg! Wonderwerk­e gebeur daagliks. Dames Aktueel se volgende vergaderin­g is op Dinsdag 1 Augustus om 19:00 in die saal van die Môreson kinder- en jeugsentru­m. Die tema van die aand is, ‘Hoekom droom jy’. Die sprekers is Anelia O’Neil en Paul von Zeuner.

Besoekers is welkom teen R30. Vir meer besonderhe­de kontak Magdaleen Smook by 044 873 6568 / 074 977 1986 of Louie Meyer by 044 874 6523 /

084 525 2130.

Hang jou drome aan ‘n wasgoedlyn en leer hulle vlieg! Wonderwerk­e gebeur daagliks.

 ??  ?? Van links is Leonie Coetzee wat die aand gereël het, Riëtte Delport by die skildery wat sy vir Dames Aktueel geskenk het en Christelle Oosthuizen.
Van links is Leonie Coetzee wat die aand gereël het, Riëtte Delport by die skildery wat sy vir Dames Aktueel geskenk het en Christelle Oosthuizen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa