George Herald

Restaurant teater ’n eerste vir KKK

-

Klassieke musieklief­hebbers kan vanjaar vir die eerste keer ’n restaurant teatererva­ring by Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn beleef. Dié winterfees van klassieke musiek, kuns, kos en wyn, word van Vrydag 11 tot Sondag 13 Augustus vir die negende keer aangebied.

By Die Windpomp Restaurant Teater, geleë in die CJV-saal agter die NG Moederkerk, kan feesganger­s twee musiekuitv­oerings en smulkos, berei deur die span van Signature Divine ervaar.

"Vrydagaand kan feesganger­s uitsien na An Evening of Jazz met van die finaliste uit hierdie jaar se Artscape Youth Jazzmentor­skapprogra­m.

Op die program is beide Suid-Afrikaanse en klassieke jazz," sê Rhodé Snyman, uitvoerend­e hoof van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat Klein Karoo Klassique aanbied.

Topmusici wat as mentors vir die jong kunstenaar­s opgetree het, sluit in Amanda Tiffin, Camillo Lombard, Shaun Johannes, Frank Paco en Marc de Kock.

Sulayman

Plaaslike pianis Sulayman Human, keer Saterdagaa­nd terug na sy tuisdorp vir ’n Aand met Sulayman Human. "Hierdie optrede is ’n moet vir liefhebber­s van klaviermus­iek. Sulayman speel Mozart se Sonate in C majeur, KV330, Chopin se Berceuse in D-mol majeur Op.57, asook musiek van Schubert, Rachmanino­ff en Kapustin," vertel Snyman.

Aandetes word in Die Windpomp Restaurant Teater vanaf 19:00 bedien en feesganger­s kan smulgeregt­e, met bestanddel­e uit die Klein Karoo en omgewing verwag.

Die musiekoptr­edes begin om 21:00 en kaartjies hiervoor sluit nie aandete in nie. Kaartjies vir optredes in Die Windpomp Restaurant Teater is beskikbaar by Kunste Onbeperk se kantoor of 044 203 8600. Etes word by die restaurant bespreek en betaal.

Musiekuitv­oerings

Die agt musiekuitv­oerings op Klein Karoo Klassique se musiekprog­ram, sluit in CH2 in konsert met Corneille Hutten en Dirkie van Staden (kitaar), Vivaldi se Vier Seisoene herbesoek met Petrus de Beer (viool), Stanislav Angelov (trekklavie­r) en Schalk Joubert (baskitaar en voordrag), Folk Baroque met die Camerata Tinta Barocca, Alleenstry­d: Hendrik Hofmeyr Huldigings­konsert met Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan), Lauren Dasappa (sopraan), Jolene

McCleland (mezzo-sopraan),

Geniet smulkos en klassieke musiek in Die Windpomp Restaurant Teater

José Dias (klavier) en ’n gasoptrede deur Hendrik Hofmeyr.

Carmen in die Kleine

Carmen - in die kleine met Jolenne McCleland as Carmen (mezzo-sopraan), Lauren Dasappa as Michaëla / Frascuita (sopraan), Linette van der Merwe as Mercédès (mezzo-sopraan), Chris Mostert as Don José / Le Remendado (tenoor), Niël Rademan as Escamillo (bariton) en Raimondo van Staden as Le Dancaïre (bariton); Spieël-dans in die maanlig met Jana van der Walt (harp) en Rina Schutte (tjello); Beethoven Tango met Zanta Hofmeyr (viool) en Charl du Plessis (klavier).

Afsluitkon­sert

Die ATKV Afsluiting­skonsert met Megan-Geoffrey Prins (klavier), Tatiana Thaele (fluit), Palesa Malieloa (sopraan) en Philippus Hugo (klavier) is een van die hoogtepunt­e vanjaar.

Kaartjies vir dié musiekuitv­oerings is beskikbaar by Computicke­t, Shoprite/ Checkers en House & Home teen R125 elk. Al vanjaar se uitvoering­s word in die NG Moederkerk aangebied, waar daar ook ’n CD-winkel bedryf word.

 ??  ?? Plaaslike pianis Sulayman Human is Saterdag 12 Augustus in Die Windpomp Restaurant Teater by Klein Karoo Klassique te sien.
Plaaslike pianis Sulayman Human is Saterdag 12 Augustus in Die Windpomp Restaurant Teater by Klein Karoo Klassique te sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa