George Herald

POSDUIFKLU­B-UITSLAE

-

Die posduiwe van George het die afgelope naweek in hul tweede wedvlug vanaf Britstown gekompetee­r, maar hierdie keer is die duiwe 'n uur later as die vorige week losgelaat nadat die temperatuu­r ietwat gestyg het. Die duiwe het in goeie weersomsta­ndighede oor die bykans

380km gevlieg en goeie tye opgestel. In die ope-wedvlug is die duiwe om 09:00 losgelaat terwyl die jongduiwe om 09:30 gevolg het.

KLUBUITSLA­E OUTENIQUA POSDUIFKLU­B

B McGlaughli­n het die ope-wedvlug vanaf Britstown gewen met B Muller wat die wenduif in die wedvlug vir jongduiwe ingeskryf het.

McGlaughli­n se voorste duif is om 13:26:30 geklok terwyl Muller se voorste duif om 13:56:09 tuis was. Van Wyk Lofts is egter nog steeds voor op die punteleer met Flip du Toit wat nog steeds se sterkste teenstaand­er is. Agt duiweboere het onderskeid­elik 62 en 72 snellers vir die opeen jaaroud-wedvlug ingeskryf.

Ope-wedvlug:

1 & 6 B McGlaughli­n; 2, 3 & 8 B Muller; 4 & 5 Ronnie Stevens; 7 J&L Lofts; 9 Van Wyk Lofts; 10 Flip du Toit.

Jaaroud-wedvlug:

1, 2 & 8 B Muller; 3 Ronnie Stevens; 4 & 10 Van Wyk Lofts; 5, 6 & 7 B McGlaughli­n; 9 Flip du Toit.

Punteleer:

1 Van Wyk Lofts 1393; 2 Flip du Toit 1247; 3 Ronnie Stevens 958; 4 J&L Lofts 887; 5 B Muller 727; 6 B McGlaughli­n 706; 7 Deon & Tina Boshoff 411; 8 J Gericke 142.

PROTEA POSDUIFKLU­B

Alhoewel die jongeling Stefan May nie een van die wedvlugte vanaf Britstown kon wen nie, het hy nogtans goed genoeg vertoon om sy leierskap op die punteleer te waarborg. Hy is nog gerieflik voor, maar daar is 'n paar ander duiweboere wat reeds panne beraam om hom uit die kussings te lig. Fourie Hokke het die wedvlug vir jongduiwe gebuit met

Jeff & Wikus Hokke wat die eerste duif in die ope-afdeling geklok het.

Jaaroud-wedvlug:

1 Fourie Hokke; 5 & 8 Stefan May; 4 D&S Hokke; 6 & 9 Jeff & Wikus Hokke; 7 Overhill Lofts B; 10 Spice Girl.

Ope-wedvlug:

1 Jeff & Wikus Hokke; 2 & 3 Stefan May; 4, 5, 6 & 7 Fourie Hokke; 8, 9 & 10 D&S Hokke.

Puntestand:

1 Stefan May 1184; 2 Jeff & Wikus Hokke 950; 3 Blue Stratos 936; 4 Fourie Hokke 885; 5 D&S Hokke 853; 6 Francois Stander 313; 7 Spice Girl 288; 8 Overhill Lofts B 271.

PACALTSDOR­P POSDUIFKLU­B

Francois Marais het sy eerste oorwinning gesmaak deur die eerste twee plekke in die ope-wedvlug in te neem met Manuel & Stoffels wat weer die eerste twee plekke in die wedvlug vir jongduiwe te buit. Gary

Page kon nie een van die wedvlugte wen nie, maar het goed genoeg gevaar om steeds die voorste plek op die punteleer te beset. Hy het drie wen twee plekke onder die eerste tien in onderskeid­elik die jaaroud- en ope-wedvlug gebuit.

Jaaroud-wedvlug:

1 & 5 Manual & Stoffels; 2, 8 & 9 Gary Page; 3 Clive Kock; 4 Steenkamp Bandits; 6 & 7 Jan Wolmarans; 10 BSP Lofts.

Ope-wedvlug:

1 & 2 Francois Marais; 3 & 8 Manuel & Stoffels; 4 Steenkamp Bandits; 5 & 6 Gary Page; 7 & 10 BSP lofts; 9 Jan Wolmarans.

Punteleer: UITSLAE UITSLAE UITSLAE

1 Gary Page 274; 2 Manuel & Stoffels 261; 3 BSP Lofts 210; 4 Francois Marais 208; 5 Steenkamp Bandits 185; 6 Clive Kock 170; 7 Prins Hokke 149; 8 Jan Wolmarans 149.

GEORGE POSDUIFKLU­B

Met 'n goeie vertoning in die wedvlug vir jongduiwe het Leon van Rooyen sy voorsprong op die punteleer gerieflik behou met Lady Kate Lofts, wenner van die ope-wedvlug, wat in sy stertvere blaas. Die wenner in die ope-wedvlug was om 13:31:09 in die hok terwyl die eerste duif in die jongduif-wedvlug om 13:59:36 tuis was. In beide wedvlugte het agt duiweboere gesamentli­k 66 duiwe ingeskryf.

Ope-wedvlug: UITSLAE

1 & 8 Lady Kate Lofts; 2 Willem Zeelie; 3, 4 & 6 Springbok; 5 & 7 Tobie Ellis 2; 9 Leon van Rooyen; 10 Cobus Nelson.

Jaaroud-wedvlug:

1, 4 & 10 Leon van Rooyen; 2 Lady Kate Lofts; 3 Harm Venter; 5, 6 & 7 Tobie Ellis 2; 8 & 9 Willem Zeelie.

Punteleer:

1 Leon van Rooyen 775; 2 Lady Kate Lofts 740; 3 Harm Venter 702; 4 Willem Zeelie

574; 5 Tobie Ellis 2 548; 6 Cobus Nelson 745; 7 Springbok 474; 8 Tobie Ellis 23.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa