George Herald

Young-egpaar lei nou by Outeniqua-rolbalklub

- Jannie Meyer

Greg Young is eenparig tot president van die Outeniqua-rolbalklub verkies met sy eggenote, Lyla, wat ook onbestrede verkies is om die sekretaris­stoel vol te sit.

John Dampier is weer tot visepresid­ent herkies en die uittredend­e president, Phillip Hattingh, is as tesourier aangewys in die plek van Daan Adlam wat tans met sy gesondheid sukkel.

Die wedstrydse­kretaris, Matilda Champaud, en haar assistant, Anri Fick, is ook onbestrede herkies.

Die addisionel­e lede is Das Barnard, Terry Enslin en Hendrik Barnard.

Die lede van die mans-keurkomite­e is Gerhard Kotze, Attie Nortje en Greg Young terwyl die dames keurkomite­e en Matilda Champaud, Rita Louw en Mime Nortje bestaan.

Onder uitdagende finansiële omstandigh­ede het die klub uitstekend gevaar deur net 'n klein verhoging in die lidmaatska­pfooie te bewerkstel­lig.

Die afgelope boekjaar was die aanbou van 'n derde baan en opgraderin­g van die klubhuis van die belangriks­te uitgawes wat die uitdaging om klubfooie bekostigba­ar te hou soveel groter.

In sy jaarversla­g het die Hattingh almal geloof wat 'n bydrae tot die klub se sukses gemaak het.

Hy het ook die deelnemers en borge van die handelslig­a uitgesonde­r en hartlik bedank vir hul bydrae tot die finansiële welstand en groei van die klub.

"Geluk ook aan die spelers en spanne van die klub wat in Eden-spanne ingesluit is en kompetisie­s gewen het.

Die klub kan met reg trots wees op die prestasies van sy lede," het hy gesê.

Die naamgewing van die nuwe baan is tot 'n latere datum uitgestel.

 ?? Foto: Jannie Meyer ?? Die nuut verkose bestuursle­de van die Outeniqua-rolbalklub na afloop van die algemene jaarvergad­ering is agter, van links: John Dampier, Greg Young, Phillip Hattingh, Das Barnard en Terry Enslin. Voor: Lyla Young, Attie Nortje, Anri Fick, Mime Nortje,...
Foto: Jannie Meyer Die nuut verkose bestuursle­de van die Outeniqua-rolbalklub na afloop van die algemene jaarvergad­ering is agter, van links: John Dampier, Greg Young, Phillip Hattingh, Das Barnard en Terry Enslin. Voor: Lyla Young, Attie Nortje, Anri Fick, Mime Nortje,...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa