George Herald

Jong Arende fnuik

- André Stander

Die SWD o.20-rugbyspan het Vrydagmidd­ag hul lywe op die spel geplaas met hul puik verdedigin­g teen die gedugte span van die Valke op Outeniquap­ark.

Die Arende het ‘n volpunte oorwinning van 29-27 behaal nadat hulle rustyd reeds 15-10 voor was.

SWD se afrigtings­korps verdien ‘n pluimpie, want hulle het beslis hard gewerk aan die span se verdedigin­g wat in die vorige wedstryde gelol het.

Die Arende is na 6 wedstryde tweede op die punteleer in die Curriebeke­r se o.20kompetis­ie met 24 punte en ‘n punteversk­il van (+50). Die span het vroeg in die wedstryd gewys waarom hul reeds 36 drieë in 6 wedstryde gedruk het deur die bal deur ses fases te behou en met ‘n skitterend­e drie onder die pale afgerond het.

Die tuisspan se skrumwerk was soos altyd baie goed asook hul balhanteri­ng was uit die boonste rakke. In die lynstane het die Valke hul egter ore aangesit met hul veel langer slotte. Die nuweling-agtsteman, JohnGraham Botha van Rosemoor, het beslis sy toekenning as speler van die wedstryd verdien.

Hy was uitstaande op die verdedigin­g en aanval en is goed bygestaan deur AdriaanLee du Preez (flank), Franco Boshoff

(vaskopstut) en Justin Levendal (slot en kaptein).

Agterlangs het Aiden Josephs (skrumskake­l) en die senterpaar, Ronaldo Jansen en Mikyle Roelfse, die oog gevang.

Earl Manie, hulpafrigt­er, het aan die George Herald gesê dat hul baie tevrede is met dié oorwinning aangesien dit hul mikpunt was teen die sterk span van die Valke. Die Jong Arende speel Saterdag om 14:00 teen hul eweknie van Grens in Oos- Londen.

PUNTEMAKER­S

SWD o.20 29 (15): Drieë - Joe Rooyakkers (slot), Jaywin Petersen (linkervleu­el), Ronaldo Jansen (buitesente­r, 2). Doelskoppe: Tristan Fourie (losskakel, 3). Strafdoel: Fourie.

Valke o.20 27 (10): Drieë - Byron Nysschen (vaskopstut), Reece Bocks (slot), Keaton Gordon (linkervleu­el), Gavin Pienaar (binnesente­r), Dylan Stiemmie (heelagter). Doelskop: Joshua Petro (buitesente­r).

Die Arende het ‘n volpunte oorwinning van 29-27 behaal nadat hulle rustyd reeds 15-10 voor was.

 ??  ?? Aiden Josephs (skrumskake­l) was weer woelig agter die skrum en hy het die agterlyn flink weggestuur. Reinhard Stears (haker) nael sterk met die bal.
Aiden Josephs (skrumskake­l) was weer woelig agter die skrum en hy het die agterlyn flink weggestuur. Reinhard Stears (haker) nael sterk met die bal.
 ??  ?? Die nuweling-agtsteman, John-Graham Botha van Rosemoor, het beslis sy speler van die wedstrydto­ekenning verdien. Sy verdedigin­g was puik en op die aanval was hy skerp.
Die nuweling-agtsteman, John-Graham Botha van Rosemoor, het beslis sy speler van die wedstrydto­ekenning verdien. Sy verdedigin­g was puik en op die aanval was hy skerp.
 ??  ?? Franco Boshoff (stut) word om sy nek beetgekry deur ‘n speler van die Valke. Jaywin Pieterse (vleuel) hardloop los onder die Valke-verdediger­s uit op pad na sy drie.
Franco Boshoff (stut) word om sy nek beetgekry deur ‘n speler van die Valke. Jaywin Pieterse (vleuel) hardloop los onder die Valke-verdediger­s uit op pad na sy drie.
 ?? Foto’s: Hugo Redelinghu­ys ?? Thaki Bolokka, woelige heelagter van die SWD Arende se o.20-rugbyspan, ontwyk ‘n verdediger van die Valke op pad na sy drie in hul kragmeting verlede Vrydag op Outeniquap­ark. Die Arende het naelskraap met 29-27 gewen.
Foto’s: Hugo Redelinghu­ys Thaki Bolokka, woelige heelagter van die SWD Arende se o.20-rugbyspan, ontwyk ‘n verdediger van die Valke op pad na sy drie in hul kragmeting verlede Vrydag op Outeniquap­ark. Die Arende het naelskraap met 29-27 gewen.
 ??  ?? Mario Jansen (links) en Lithembli Mpoli (regs) van die Jong Arende omsingel ‘n Valke-speler.
Mario Jansen (links) en Lithembli Mpoli (regs) van die Jong Arende omsingel ‘n Valke-speler.
 ??  ?? Tristan Fourie het op losskakel weer geskitter op die aanval en die Valke se verdedigin­g behoorlik getoets. Hy groei in statuur met elke wedstryd.
Tristan Fourie het op losskakel weer geskitter op die aanval en die Valke se verdedigin­g behoorlik getoets. Hy groei in statuur met elke wedstryd.
 ??  ?? Ronaldo Jansen, sterk aanvallend­e senter van die Arende, op pad na een van sy twee drieë teen die Valke. Reinhard Stears is langs hom.
Ronaldo Jansen, sterk aanvallend­e senter van die Arende, op pad na een van sy twee drieë teen die Valke. Reinhard Stears is langs hom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa