George Herald

Kleedrepet­isie vir eindstryd ...

- Hugo Redelinghu­ys

Die Premierlig­a-kragmeting tussen Progress en Evergreens Saterdagmi­ddag in die Rosemoorst­adion kan bes moontlik ‘n kleedrepet­isie wees vir die eindstryd op 26 Augustus. Die kanse dat albei spanne kan deurdring, is goed.

Progress gee die toon aan in die Premierlig­a en is op 66 punte gerieflik voor Evergreens, op 56 punte in die derde plek. Maar Pacaltsdor­p se trots is die afgelope drie jaar al die SWD se klubkampio­en en dit behoort sterk in sy guns te tel.

Min mense sal stry dat die druk op die voorloper is. En met die uitspeelro­ndes wat voor in die wapad wink, sal dié druk toeneem. Dis druk wat jou soms laat snaakse dinge aanvang.

Bridgton lê tans in die tweede plek op die puntelys op 60 punte met Barbarians vierde op 55 punte.

Crusaders, met 42 punte, het net te ver agter geraak om die vier topspanne nog uit te daag en tot oormaat van ramp speel hulle in die twee oorblywend­e wedstryde teen Progress weg en tuis teen Bridgton. Oorwinning­s hier lyk bra onmoontlik.

Bridgton moet nog teen Maori’s speel en hy kan hier met ‘n bonuspunts­ege wegstap. Teen Crusaders gaan dit nie so maklik wees nie, maar hy behoort ook hier bo uit te kom.

Barbarians het ‘n relatief maklike wedstryd oor teen NMU (op 11 punt onderaan puntelys), maar sy kragmeting teen Evergreens op 12 Augustus gaan ‘n grote wees.

Voor dit moet Evergreens nog vir Blanco in “die gaatjie” aandurf.

Die slagordes is dus nou opgestel en die derby Saterdagmi­ddag in Rosemoor tussen Progress en Evergreens gaan ‘n oorlog in die kleine ontketen. Die wenner hier sal ‘n groot sielkundig­e slag slaan.

 ?? Foto’s: Hugo Redelinghu­ys ?? Christo du Plessis, sterk binnesente­r en kaptein van Blanco, breek deur Groot-Brakrivier se verdedigin­g op pad na sy drie in hul kragmeting Saterdagmi­ddag in Blanco. Dié wedstryd het met 17-17 gelykop geëindig nadat Blanco in die doodsnikke die...
Foto’s: Hugo Redelinghu­ys Christo du Plessis, sterk binnesente­r en kaptein van Blanco, breek deur Groot-Brakrivier se verdedigin­g op pad na sy drie in hul kragmeting Saterdagmi­ddag in Blanco. Dié wedstryd het met 17-17 gelykop geëindig nadat Blanco in die doodsnikke die...
 ??  ?? Hyron Erasmus, haastige vleuel van Groot-Brakrivier, in volle vaart in Saterdag se Premierlig­a-kragmeting teen Blanco.
Hyron Erasmus, haastige vleuel van Groot-Brakrivier, in volle vaart in Saterdag se Premierlig­a-kragmeting teen Blanco.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa