George Herald

Eden vereer sportlui

-

Bekende sportlui, waaronder Elma

Davids (rolbal), Meike Strydom (atletiek), Christo Lamprecht (gholf), Gustav Schlechter (tweekamp), Susan Agrella (skerm) en Georgiou Divaris (seiljagvaa­rt), is onder die finaliste vir vanjaar se Edensportt­oekennings.

Die wenners word vanaand op Riversdal tydens ‘n geleenthei­d in die burgersent­rum aangewys.

Die wenners van sommige kategorieë sal na die Wes-Kaapse sporttoeke­nnings deurdring.

Altesame 160 nominasies is vanjaar vir die Eden-toekenning­s ontvang.

Die wenners van sommige kategorieë sal na die Wes-Kaapse sporttoeke­nnings deurdring.

Die Hessequa-munisipali­teit is vanjaar gasheer. Die Wes-Kaapse departemen­t van kultuursak­e en sport (DKES) en die Eden-distrikmun­isipalitei­t is saam met die Eden-sportraad die ankervenno­te vir dié toekenning­s.

Davids, ‘n befaamde Protea-rolbalspel­er, en Divaris is onderskeid­elik genomineer as sportvrou en -man van die jaar.

Strydom, wat Suid-Afrika onlangs by die Afrika-spele in gewigstoot verteenwoo­rdig het, is as junior en hoërskole sportvrou van die jaar genomineer. Lamprecht en Schlechter gaan saam met GW Lund om die hoërskole sportman van die jaar-titel meeding.

Van die ander finaliste is Nicola Putter (laerskole sportvrou), die judoka Lilian Steyn (afrigter van die jaar), die atleet Antonio Farmer (nuweling van die jaar), Eden o.20-rolbal (span van die jaar), Agrella (sportvrou: gestremd), Martin Vorster (junior sportman) en Johan Windt (meesterspo­rtman).

Pacaltsdor­p Primêr en Hoërskool George is saam met Heidedal Primêr genomineer vir beste ontwikkeli­ngskoolspa­n.

Daar is een benoemde vir die nuwe kategorie, rekreasie sportligga­am van die jaar: Philip Seroux. Dié toekenning gaan aan ‘n sportligga­am of -persone wat ontspannin­gsaktiwite­ite reël wat nie georganise­erde sport behels nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa