George Herald

Rosedale pa kry 10 jaar vir moord

- Lizette da Silva

Die pa van Rosedale, wat in Mei verlede jaar sy tienerseun se vermeende rower doodgeslaa­n het, is in die George-streekhof aan moord skuldig bevind.

Samuel Meyer (44) en sy medepligti­ge, Gerald Arnold (29), het vandeeswee­k reeds die eerste maand van hul 10 jaar vonnis uitgedien nadat hulle op 4 Augustus vir die moord op Winston Jacobs (31) op 17 Mei 2016 gestraf is. Jacobs is die betrokke dag ernstig aangerand nadat hy daarvan verdink is dat hy Meyer se seun (toe 14 jaar) vroeër die oggend van sy tablet beroof en hom met ‘n mes gesteek het.

Die seun was op pad skool toe, toe hy na bewering deur Jacobs langs die N2-snelweg voorgekeer is. Die seun is tydens die rooftog in die linkerskou­er gesteek.

Met die polisie se aankoms op die toneel is Jacobs bewusteloo­s in die pad aangetref en in ‘n kritieke toestand na die George-hospitaal geneem waar hy later die aand gesterf het. Beide mans is sedert hul arrestasie kort na die voorval in aanhouding. Hulle is op 4 Augustus gevonnis. Pogings deur die George Herald om met die Meyer-familie kontak te maak, was onsuksesvo­l.

Eric du Preez (44) van Pacaltsdor­p is ook onlangs in die George-streekhof 15 tronkstraf opgelê vir die moord op sy vriendin, Phillipina Hendricks (44). Hendricks se liggaam is op 29 Januarie 2013 onder ‘n vyeboom in Noordstraa­t gevind nadat sy ‘n paar dae vermis was. Sy het veelvuldig­e beserings gehad.

Beide sake het gedien voor streekland­dros Praglapa Govender en Aletta Stanvliet het aangekla. Adjudant-offisier Vernon Jantjies van die Pacaltsdor­p-speurdiens het die moorde ondersoek.

* A Rosedale father who had beaten a man to death after the man allegedly robbed and stabbed his son in May last year, was found guilty of murder and sentenced to 10 years imprisonme­nt. Samuel Meyer (44) and his accomplice, Gerald Arnold (29), were convicted of the murder of Winston Jacobs (31), also from Rosedale. Meyer’s teenage son (14) was allegedly robbed by Jacobs on 17 May 2016 next to the N2 highway while on his way to school. The teenager was robbed of his tablet and stabbed in his left shoulder.

 ??  ?? The police is looking for a male suspect aged between 17 and 20 who was involved in a robbery in Mission Street, Pacaltsdor­p, on 1 July at 22:45.
The complainan­t was robbed of a Samsung cellphone, silver and gold jewellery and a Karrimor bag...
The police is looking for a male suspect aged between 17 and 20 who was involved in a robbery in Mission Street, Pacaltsdor­p, on 1 July at 22:45. The complainan­t was robbed of a Samsung cellphone, silver and gold jewellery and a Karrimor bag...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa