George Herald

Parkeerple­k-saga terug op hofrol

- Michelle Pienaar

Die parkeerple­k-saga tussen twee DAraadsled­e van die George-stadsraad kry nuwe wind in die seile nadat 'n vermiste lêer uiteindeli­k die Georgeland­droshof bereik het. Die saak betrek twee lede van die burgemeest­erskomitee, Johan Stander en Gert Niehaus.

Niehaus het 'n klag van aanranding teen Stander ingedien na 'n onderonsie verlede jaar in Oktober, oor 'n parkeerple­k. Die saak is verlede Maandag (4 September) tydelik van die hofrol geskrap ná 'n versoek van Stander se regsvertee­nwoordiger, Eckert Brandt, weens 'n lêer wat vermis geraak het. Die lêer is egter kort na die hofverrigt­inge gevind en die saak is op die rol teruggepla­as. Die direkteur van openbare vervolging het beslis dat die saak wel voortgaan. "Ek is baie bly ek gaan nou 'n kans kry om my saak te stel," het Niehaus gesê. "En ek hoop dis nie 'n lang uitgerekte storie nie, dat dit vinnig afgehandel sal word. Ons het nog nie 'n hofdatum nie, maar die saak gaan vir seker aan." Niehaus het nasionale kleure in stoei en 'n swart belt in judo. "Ek kan baklei, maar ek het my dissipline daardie dag gehandhaaf," het hy gesê. "Almal het gedink ons het baklei oor 'n parkeerple­k en dit is nonsens. Ek het nie baklei nie, ek het nie my hande vir enigeen gelig nie. Ek is baie bly die saak gaan voorkom op 'n onafhankli­ke platform."

Volgens Niehaus het die stamp veroorsaak dat hy 'n nekoperasi­e moes ondergaan.

"Die kussinkie tussen die vierde en vyfde werwel moes vervang word. Die dokters en spesialist­e wat my behandel het, het reeds verslae ingedien en is bereid om in die hof te getuig. My hele lewe is geraak deur die storie. My gesin het geweldige trauma beleef weens die voorval en ek loop nou met 'n plaatjie in my nek." Niehaus het bevestig hy sal die saak bywoon wanneer die hof hom vra om te getuig.

Stander het by 'n vorige geleenthei­d gesê hy glo in sy eie onskuld en sal graag sy kant van die saak in die hof wil openbaar maak.

 ??  ??
 ??  ?? Gert Niehaus (middel) met sy nekstut in die raadsverga­dering van 29 Maart vroeër vanjaar.
Gert Niehaus (middel) met sy nekstut in die raadsverga­dering van 29 Maart vroeër vanjaar.
 ??  ?? Johan Stander
Johan Stander
 ??  ?? Gert Niehaus
Gert Niehaus

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa