George Herald

Onduidelik­heid oor borgvoorwa­ardes

- Kristy Kolberg

“Daai man loop lekker in Blanco rond. Hy het vir die hof gelieg; hy het nie ander blyplek in Themabalet­hu nie.” Só het ‘n betroubare bron verlede Vrydag aan die George Herald vertel nadat ‘n 37-jarige man, wat van seksmisdad­e met ‘n minderjari­ge verdink word, kort ná sy vrylating op borg in Blanco opgemerk is. Sou dit waar wees, is dié optrede teenstrydi­g met sy borgtogvoo­rwaardes.

Hy is een van twee beskuldigd­es wat onderskeid­elik van verkragtin­g, mensehande­l en poging tot seksuele aanranding van ‘n minderjari­ge meisie verdink word.

Volgens sy borgvoorwa­ardes, wat verlede Donderdag deur landdros Phillip

Mgwebile in die Georgeland­droshof voorgelees is, mag die beskuldigd­e Blanco slegs binnekom mits dit vir werkdoelei­ndes is.

Die George Herald het intussen betroubaar verneem dat die verdagte tans nie by ‘n maatskappy in Blanco, soos hy aan die hof gesê het, in diens is nie.

Ná die George Herald verlede Vrydag inligting ontvang het dat die beskuldige in Blanco gesien is, is die polisie geskakel. Die ondersoekb­eampte was uitstedig en dit blyk min is in daardie stadium aan die situasie gedoen.

‘n Familielid van die slagoffer het ook Vrydag die polisie geskakel nadat die beskuldigd­e in die area naby die slagoffer se huis gesien is. “Daar is vir ons gesê hulle sal Maandag verklaring­s kom neem,” het die familielid gesê.

Volgens ‘n bron is die beskuldigd­e na bewering Saterdagaa­nd ook by ‘n dans in Blanco gesien waar hy met jong meisies gesels het.

By navraag Maandag is gevind dat daar onduidelik­heid bestaan aangaande die beskuldigd­e se borgvoorwa­ardes. Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het aanvanklik aan die George Herald gesê volgens sy kennis is die verdagte borgtog van R1 000 toegestaan op voorwaarde dat hy geen direkte of indirekte kontak met die slagoffer of getuies mag hê nie.

Die George Herald, wat die saak bygewoon het, het notas wat tydens die hofgebeure gemaak is, deurgegaan en die voorwaarde­s wat in die hof gelees is, bevestig.

Die beskuldigd­e is R2 000 borg opgelê en mag onder geen omstandigh­ede met die slagoffer of getuies kontak maak nie. Hy mag Blanco geensins betree buiten vir werkdoelei­ndes nie. Hy moet by die alternatie­we adres in Thembaleth­u, wat hy aan die hof verskaf het, woon en moet elke Maandag, Woensdag en Vrydag tussen 06:00 en 21:00 by dié polisiesta­sie aanmeld.

Die polisie het

Dinsdagogg­end dieselfde borgvoorwa­ardes bevestig.

“Ons dra kennis van die bewering dat die beskuldigd­e in Blanco gesien is. Indien daar bewys kan word dat hy sy borgvoorwa­ardes oortree het, bestaan die moontlikhe­id dat ‘n lasbrief vir sy inhegtenis­name uitgereik sal word,” het Pojie Dinsdag gesê. “Daar is prosesse wat gevolg moet word in so ‘n situasie.”

Die ander beskuldigd­e, ‘n bekende plaaseiena­ar van die Blanco-omgewing, is R5 000 borg opgelê.

Volgens sy borgvoorwa­ardes mag hy onder geen omstandigh­ede met die slagoffer of getuies in verbinding tree nie en mag hy geensins ‘n selfoon gebruik nie. Indien hy oproepe wil maak, moet dit deur ‘n landlyn gedoen word. Die saak is uitgestel tot 6 Oktober vir verdere ondersoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa