George Herald

13-jarige verdrink in plaasdam

- Kristy Kolberg

'n Dertienjar­ige seun het na bewering Sondagmidd­ag in 'n plaasdam op Nolshalte naby Herold verdrink.

Volgens die polisie het Shadrack Windvogel en 'n paar vriende besluit om die middag by die dam op die plaas Môreson deur te bring toe die voorval plaasgevin­d het.

Nadat die seuns vir 'n wyle geswem het, het die natuur geroep en Windvogel se vriende het 'n vinnige draai in die bos gemaak. Hy het alleen by die dam agtergebly. Met hul terugkeer is slegs sy klere op die damwal aangetref.

Windvogel se vriende het tevergeefs na hom gesoek en later hul ouers gaan roep. Die polisie is ontbied, maar die seun was nêrens te vinde nie. Die volgende dag is die K9-honde-eenheid en die polisie se duikeenhei­d van Mosselbaai ontbied en die seun se liggaam is op die bodem van die dam gevind.

Geen verdere inligting is tans bekend nie. A 13-year-old boy, Shadrack Windvogel, allegedly drowned in a farm dam near Herold on Sunday afternoon. His body was found at the bottom of the dam on Monday morning at around 09:30.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa