George Herald

Aanbieding­s oor die rouproses

-

Braam Klopper, 'n pastorale terapeut wat spesialise­er in die rouproses en in die bystaan en vertroosti­ng van diegene wat rou, tree eerskomend­e naweek en Maandag op by Bergsig NG gemeente.

Het jy iemand aan die dood afgestaan? Is jy iemand wat graag ander wil bystaan tydens hulle rouproses? Dan is sy aanbieding vir jou. Klopper praat by Bergsigker­k (hoek van Vierde- en Meyerstraa­t) op Sondag 17 September by die eredienste om 08:30 en 10:00 (tema: Verlossing en verlies moet nie verwar word nie) asook van 11:15 tot 12:30 (tema: Die 5 routake wat mense moet deurwerk). Maandag praat hy om 10:00 oor 'Hoe om my eie rou te hanteer en hoe om ander by te staan'. Boeke en CD’s sal tydens die aanbieding­s beskikbaar wees.

Vir enige navrae, kontak ds. Hannes Pretorius by 084 456 0401 of die kerkkantoo­r by 044 871 1338.

Lees volledige storie by www. georgehera­ld.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa