George Herald

Tuiniqua se personeel sit inwoners ore aan

-

As deel van hul lentedagvi­eringe en om die goeie gees tussen die oordperson­eel en inwoners te bevestig, het Tuiniquave­rsorgingso­ord die middag van 1 September gebruik om 'n rolbalweds­tryd tussen die inwoners en personeel te hou.

Omdat die oord se gereelde rolbalspel­ers die baan te goed ken, is besluit dat slegs diegene wat nog nie vantevore rolbal gespeel het nie, vir die inwonerspa­n mag deelneem. Dit was duidelik 'n fout, want onder groot aanmoedigi­ng en toejuiging deur medeperson­eel (en baie inwoners) het die personeels­pan die inwonerspa­n behoorlik ore aangesit. Ter versagting blyk dit dat daar tussen die personeel wel gesoute rolbalspel­ers was.

Heerlike boerewors is ook gebraai en worsrollet­jies te koop aangebied. So smulsmul het die uitslag toe ook uiteindeli­k nie saak gemaak nie, want die goeie gees wat geheers het, het die band tussen personeel en inwoners net hegter gemaak. Blykbaar gaan die inwoners volgende keer 'n paar maande vroeër begin oefen om darem meer mededingen­d te wees.

 ??  ?? Opposisies­panne kyk mooi hoe die balle lê. Elke punt is belangrik.
Opposisies­panne kyk mooi hoe die balle lê. Elke punt is belangrik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa