George Herald

Lente-tee vir 90-plussers

-

George Service Clubs het vir die sewende agtereenvo­lgende jaar ‘n Lente-tee aangebied vir hul inwoners van ouderdom 90 jaar en ouer. Gades is ook saamgenooi. Een van die inwoners, Doreen Harper (93) het staaltjies uit haar jeugjare as jong vrou in Pole tydens die oorlogsjar­e vertel. Die inwoners is bederf met spesiale geskenkpak­kies wat geborg is deur Mediese Sentrum Apteek en Solidarite­it Helpende Hand. Verteenwoo­rdigers van hierdie twee organisasi­es het saam gedeel in die vreugde en die bederfpakk­ies persoonlik uitgedeel. George Service Clubs wil graag vir Maria Boonzaier en Nina van Wyk (Mediese Sentrum Apteek) asook Marieta Verwey (Solidarite­it Helpende Hand) van harte bedank vir hul teenwoordi­gheid en gesellige saamkuier.

 ??  ?? Agter, van links: Maria Boonzaier en Nina van Wyk (Mediese Sentrum Apteek), Marieta Verwey (Solidarite­it Helpende Hand), Doreen Harper (93) en Kay Schroeder(89). Voor: Pam Mayo (92), Inge Schmitting­er (90), Peter Smart (90) en Ted Schroeder (95).
Agter, van links: Maria Boonzaier en Nina van Wyk (Mediese Sentrum Apteek), Marieta Verwey (Solidarite­it Helpende Hand), Doreen Harper (93) en Kay Schroeder(89). Voor: Pam Mayo (92), Inge Schmitting­er (90), Peter Smart (90) en Ted Schroeder (95).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa