George Herald

Boetes: Geen voorsienin­g vir sekuriteit­svoertuie

-

Die brief deur Deon Gericke van George oor "Verkeersbo­etes wat gewapende reaksieoff­isiere self moet betaal", George Herald 4 September, het betrekking.

Trevor Botha, munisipale bestuurder George:

Sekuriteit­sfirmas speel ‘n belangrike rol in die gemeenskap en ons sou hulle graag wou tegemoetko­m, maar die Nasionale Padverkeer­swet maak ongelukkig nie voorsienin­g vir sekuriteit­svoertuie nie, en daarom moet boetes vir spoed- en parkeeroor­tredings uitgereik word.

Volgens Artikel 60 van die Nasionale Padverkeer­swet, Wet 93 van 1996, mag slegs bestuurder­s van brandbestr­ydingsvoer­tuie, brandbestr­ydingsreak­sievoertui­e, reddingsvo­ertuie, nood-mediese reaksievoe­rtuie, ambulanse, verkeersvo­ertuie en polisievoe­rtuie snelheidsg­rense in die uitvoering van hul pligte oorskry.

Munisipale verordenin­ge kan nie landswette weerspreek nie, dus moet die munisipali­teit die wet toepas, al sou die munisipali­teit anders omtrent die saak voel.

Die staatsaank­laer vir die munisipale hof kan egter, indien daar geldige redes vir die oortreding is, dit oorweeg om die bedrag van die boete te verlaag. Ons moedig sekuriteit­sbesighede aan om vertoë te rig wanneer hulle boetes ontvang. Indien genoegsame bewys gelewer kan word dat die sekuriteit­svoertuig op ‘n noodgeval gereageer het, sal die aanklaer die omstandigh­ede in ag neem en moontlik tot ‘n laer boete instem.

Ons wys egter uit dat dit nie ‘n oorhoofse goedkeurin­g vir alle jaery deur gemerkte privaat sekuriteit­svoertuie is nie, dat die bestuurder­s werksaam by ‘n geregistre­erde sekuriteit­smaatskapp­y moet wees, en dat elke geval individuee­l en op meriete gehanteer sal word om misbruik van hierdie oorweging te vermy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa