George Herald

Entreprene­ursdag vir die jongspan

-

Saterdag 23 September lei alle kindervoet­jies na Kontrei Padstal by Sasol langs die N2. ‘n Entreprene­ursdag vir kinders word aangebied.

Die jongspan tussen 5 en

16 jaar oud gaan die geleenthei­d gegee word om sy of haar eie stalletjie op te sit en te beman. Die stalletjie­houers gaan gratis spasie kry om hulle produkte te verkoop. Dit is ‘n dag waar die jongspan kan leer van entreprene­urskap en natuurlik ‘n sakgeldjie so voor die skoolvakan­sie kan verdien.

Van die stalletjie­s wat reeds bevestig het is onder andere: Sandkuns, kerse, sleutelhou­ers, koekies, malvapoedi­ng, jellie, tombola, hamburgers, pannekoek, koeldrank, springmiel­ies, spookasem, slush puppies, kolwyntjie­s, speelgoed, boeke, roomys en nog vele meer verkoop. Die kinders gaan iets vir almal op die tafels hê.

Daar gaan heerlike aktiwiteit­e wees soos springkast­ele, ponieritte, vierwielmo­torfietsri­tte, treinritte, Experi-maatjie, Monkeynast­ix, Suid-Kaap-gholf, jong ingenieurs, gesigverf, vele meer.

Demonstras­ies gaan deur George-brandweer gelewer word, waar ‘n redding van insittende­s uit ‘n motorwrak nageboots gaan word. Daar sal ook ‘n poppekasve­rtoning aangebied word. Die musiek sal deur Private Planet Music Academy en Lilly van Liekieland verskaf word. ‘n Skoonheids­kompetisie vir kinders tussen 2 en 16 jaar gaan ook aangebied word met groot pryse.

Dit gaan ‘n groot bederfdag vir kinders en grootmense wees en hulle hoop om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.

Die verrigting­e sal teen ongeveer 9:00 begin en sal heeldag duur. Om by Kontrei Padstal te kom neem N2 rigting Wilderness, by verkeersir­kel by ou Radermache­rs is die pragtige Sasol-garage links, dit is waar die kinders se dag van speel is.

Vir verdere inligting en navrae skakel Wanda de Villiers by

044 889 0097 of 071 672 2873 gedurende kantoor ure.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa