George Herald

Ritmiese gimnaste presteer puik

-

Gimnaste van die Zest Ritmiesegi­mnastiekkl­ub in George het weer puik presteer by die jaarlikse Eden- en Westelike Provinsie-kompetisie­s wat gedurende Augustus en September in Stilbaai en Kaapstad aangebied is.

Al 10 senior gimnaste (Vlak 4 en 8) het hul vol Eden- en WP-kleure vir ritmiese gimnastiek ontvang.

Hulle gaan in die Oktober- skoolvakan­sie die Westelike Provinsie by die SA Gimnastiek Spele in Pretoria verteenwoo­rdig.

Hierdie jaar gaan twee groepe deelneem: in Vlak 4/5 en Vlak 8 in die Ope-afdeling. Die Vlak 8-gimnaste is almal leerders by Glenwood House.

Vir meer inligting oor die ritmiese gimnastiek­klub in George, kontak gerus Sarlise du Toit by 082 849 4241.

 ??  ?? Die Vlak 4-gimnaste van die Zest Ritmiese-gimnastiek­klub in George het almal hul vol Eden- en WPkleure vir 2017 ontvang. Van links: Engela Venter, Clara Campbell, Carmen Booyens, Chanell Basson, Jayda van Antwerp en AnnaMarie du Plessis.
Die Vlak 4-gimnaste van die Zest Ritmiese-gimnastiek­klub in George het almal hul vol Eden- en WPkleure vir 2017 ontvang. Van links: Engela Venter, Clara Campbell, Carmen Booyens, Chanell Basson, Jayda van Antwerp en AnnaMarie du Plessis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa