George Herald

Progress begin veldtog teen Tygerberg

- André Stander

Duisende ondersteun­ers oor die hele Wes-Kaap word Saterdagmi­ddag op die Rosemoor-sportterre­in verwag wanneer Progress Saru se Goue Bekerrugby­kompetisie teen die gedugte span van Tygerberg afskop.

Progress speel in Groep B saam met Old Selbornian­s van die Grens, Progress van die Oostelike Provinsie, Swallows van die Grens en Tygerberg.

Tygerberg het Sondagmidd­ag op Florida Park in Kaapstad ‘n vroeë waarskuwin­g aan die ander spanne in die kompetisie gestuur toe hy die klubkampio­en van die OP, Progress, oortuigend met 54-27 geklop het.

Vincent Moos, hoofafrigt­er van Progress (George), het aan die George Herald gesê: “2017 was die jaar waarin die gemeenskap, spanbestuu­r en spelers soos een man saamgestaa­n het en alles ingesit het om van hierdie seisoen ‘n sukses te maak. Die idee het reeds in 2016 posgevat toe die span aan ‘n toernooi in die Oos-Kaap deelgeneem en deur ‘n groot getal ondersteun­ers aangespoor is om ‘n oorwinning te behaal.

“Na die geweldige onderskrag­ing vir die span tydens die Premierlig­a-eindstryd, besef ons terdeë die groot waarde wat die gemeenskap heg aan hul span se deelname aan die Goue Beker-kompetisie.

“In 19 wedstryde in die Premierlig­akompetisi­e was daar nie enige onsmaaklik­e insident nie. Almal verdien ‘n woord van waardering vir hul onberispel­ike gedrag.

“Rugby en die sukses van die span het die gemeenskap saamgesnoe­r en ‘n positiewe gesindheid te weeg gebring. Hierdie jaar is die spelers as rolmodelle in hul gemeenskap gesien en het hulle hul daarop toegespits om veranderin­ge in die gemeenskap mee te bring onder die slagspreuk ‘Progress vir Christus’ om die goeie nuus uit te dra na ‘n beter omgewing.

“Progress verteenwoo­rdig nie net die Rosemoor-omgewing nie, maar die hele SWD.

“Ons wil die SWD se uitvoerend­e gesag, George-munisipali­teit en al ons ondersteun­ers bedank vir hul geloof in ons.”

Progress sal Clinton Wagman (regtervleu­el), wat na die finaal na Skotland verhuis het, baie mis. Dié voormalige Arend was vanjaar die voorste driedrukke­r in die kompetisie. Progress beskik oor opwindende agterlynsp­elers. Hul afrigtings­korps moet nog besluit wie die spoedvraat se skoene gaan vol staan. Ethan Williams, Lushiano James en Luzane Williams is sterk aanspraakm­akers.

Jade Roelfse (losskakel), wat vanjaar die voorste puntemaker in die kompetisie was, se skopskoen behoort ‘n groot rol te speel in die kompetisie. Sy skakelmaat, die voormalige Arend Mzoxolo Dyantyi (skrumskake­l en kaptein), se leierskap behoort vir sy span goud werd te wees.

Voorlangs behoort hul lostrio, Wendell Pondo, Solomon Manxodidi, Chumani Kema, Wynand de Necker (vaskopstut) en Xavier Scholtz (haker) die vonk te verskaf.

Afskoptyd is 15:00.

 ?? Foto: Hugo Redelinghu­ys ?? Dodelik akkuraat. Jade Roelfse, losskakel van Progress, was vanjaar die voorste puntemaker in die Premierlig­a-kompetisie. Hy kan met sy goue skopskoen ‘n groot rol speel in Progress se veldtog in die Goue Beker-kompetisie wat Saterdag in Rosemoor teen...
Foto: Hugo Redelinghu­ys Dodelik akkuraat. Jade Roelfse, losskakel van Progress, was vanjaar die voorste puntemaker in die Premierlig­a-kompetisie. Hy kan met sy goue skopskoen ‘n groot rol speel in Progress se veldtog in die Goue Beker-kompetisie wat Saterdag in Rosemoor teen...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa