George Herald

Jong Arende ryg drieë in teen Pumas

- André Stander

Die Arende se o.20-rugbyspan het nege pragdrieë gedruk in hul oortuigend­e oorwinning van 57-39 oor hul eweknie van die Pumas in Nelspruit.

Rustyd was die besoekers reeds met 24-20 voor gewees.

Met hitte van so hoog as 35 grade, het die Jong Arende van Eddie Myners met aanskoulik­e hardloopru­gby voor die dag gekom.

Dit was ook ‘n voorwedstr­yd vir die Pumas en Haaie in die Curriebeke­r-kompetisie. Die Jong Arende het SWD se naam behoorlik hoog gehou voor die toeskouers.

Die voorspeler­s het vroeg oorhand oor hul groter opponente van die Pumas in die skrums en lynstane gekry.

Dit het genoeg balbesit aan die gevaarlike agterspele­rs van die Jong Arende verseker en hulle het dit waardevol benut deur reeds voor rustyd hulle bonuspunt drie te druk.

Agterlangs was dit die belowende skrumskake­l, Aiden Josephs, wat weereens op sy stukke was. Josephs, wat 2 pragdrieë gedruk het, het met sy breekslae om die skrums en taktiese skoppies die tuisspan hoofbreken­s gegee.

Die vurige slot, Willem Coetzee, het voorlangs die vonk verskaf. Coetzee wat ‘n barshou gespeel het in die vastelos, is beloon as speler van die wedstryd.

“Ons is baie tevrede met die waardevoll­e 5 punte, maar nie met die manier hoe ons punte afgestaan het nie. Die gees is besonders in die span en hulle besef dat hul nou nog harder sal moet werk.

Die span kort sewe punte van drie wedstryde om ‘n tuis semi-finaal te verseker en ons gaan beslis alles insit om dit te verseker. Die ouens het nou nege uit 11 wedstryde gewen en hull besef hoe belangrik die laaste drie wedstryde is,” het Myners na die wedstryd aan die George Herald gesë. Puntemaker­s:

SWD o.20 57(24): Drieë – Lithemba Mpoli (regtervleu­el, 2) Ayden Joseph (skrumskake­l, 2), Justin Levendal (slot), Stiaan Grobler (flank), Maurice Alexander (linkervleu­el), Michael Fernol (binnesente­r), Luvuyo Ndevu (plaasverva­nger-haker).

Renaldo Fortuin (heelagter) slaag met 2 doelskoppe en Triston Fourie (plaasverva­nger) klits ook vier doelskoppe oor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa