George Herald

Rugby kraai dié naweek koning

- Hugo Redelinghu­ys

Die Rugbykampi­oenskapkra­gmeting tussen Suid-Afrika en die All Blacks Saterdag is die grote wat sport betref. Maar hier in George is daar drie wedstryde wat ook met belangstel­ling gevolg sal word.

Die Arende se o.20’s speel Vrydagmidd­ag om 15:30 teen die Griekwas op Outeniquap­ark, waarna die senior span om 18:00 teen die Valke uitdraf.

Maar die één wedstryd waarna rugbyliefh­ebbers die meeste uitsien, is Progress se eerste kragmeting in die nasionale Goue Beker-klubkompet­isie Saterdagmi­ddag teen Tygerberg in die Rosemoor-stadion.

Die wedstryd tussen dié twee swaargewig­te begin om 15:00, maar die hekke van Stuurmanst­raat, LeVallia, word reeds om 12:00 oopgemaak.

Om 13:00 sal twee o.20-spanne mekaar aandurf. Toegangsge­ld vir volwassene­s is R20 en kinders onder 12 jaar betaal R10.

Die Jong Arende sal oorloop van selfvertro­ue nadat hulle die Pumas verlede Saterdag in Nelspruit met 57-39 geklop het.

Hul ouer broers het in

Welkom met 57-22 teen die Griffons vasgeval en sal graag Vrydagmidd­ag wil vergoed vir dié treurmare met ‘n sege oor die Valke.

Anders as Outeniquap­ark, gaan die Rosemoor-stadion uit sy nate bars. ‘n Paar honderd toeskouers gaan uit die Kaap met busse opdaag om Tygerberg te ondersteun. Melvin Naik uitvoerend­e burgemeest­er van George, Memory Booysen, uitvoerend­e burgemeest­er van Eden-distriksmu­nisipalite­it, en Hennie Baartman, president van die SWD Rugbyunie, sal na verwagting ook die wedstryd bywoon.

Randal Geduld, voorsitter van Progress, het die gemeenskap van George en die Eden-streek gevra om hulle Saterdag te ondersteun aangesien Progress die SWD in die klubkampio­enskappe verteenwoo­rdig.

Geen alkohol sal op die sportgrond­e toegelaat word nie en die polisie sal ‘n benadering van geen verdraagsa­amheid teenoor drankmisbr­uik handhaaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa