George Herald

Attie laat speke sing

-

Attie Botha, ‘n gestremde fietsryer van George, het homself deeglik laat geld by die Pa ra fiets ry-wêreldkamp­ioenskappe in Pietermari­tzburg. In die tydtoets oor 30km, wat in ‘n stormsterk wind plaasgevin­d het, het hy in ‘n verdienste­like 17de plek klaargemaa­k. In die padwedren oor 87km het hy in die 14de plek geëindig. Attie het sy dank uitgespree­k aan sy borge en weldoeners wat hom gehelp het om sy droom te bewaarheid om aan die taai kampioensk­ap deel te neem. Onder hulle tel Corné Bence van Eden-fietsry, Oudtshoorn-fietsryklu­b, Annie’s One Stop, die fisioterap­eut Cecile Steyn, ATKV Hartenbos, Marita Swanepoel en Ansie Swart.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa