George Herald

Ondersteun­ing aan Alzheimer-pasiënte

- Wessel van Heerden

Die 21ste September was Wêreld Alzheimerd­ag. Dit is ‘n sluipende siekte wat ‘n groot impak op ‘n persoon en sy gesin kan hê. Die doel van Wêreld Alzheimerd­ag is om die samelewing meer bewus te maak van hierdie gevreesde siekte. Hierdie siekte beperk verstandel­ike funksioner­ing en gaan met vergeetagt­igheid gepaard. Dit is uiters belangrik om hierdie siekte vroeg te diagnoseer. Alhoewel die siekte nie genees kan word nie, kan dit met groot sukses behandel word.

By Huis JJ Watson is ook ‘n hele paar persone met Alzheimer se siekte. Volgens Okkie Stander, bestuurder van Huis JJ Watson, is daar ‘n paar simptome wat hulle dophou om te bepaal of ‘n inwoner die siekte ontwikkel. Stander vertel dat die pasiënte begin vergeet waar hulle kamer is, en wanneer hulle uit die eetsaal kom weet hulle nie waarheen om te gaan nie. Hulle kan vergeet wat hulle die oggend geëet het en ook wat hulle deur die dag gedoen het. Hulle hou hul kamerdeure oop en trek nie meer skoon klere aan nie. Sodra die personeel agterkom dat hulle ’n probleem het tree hulle ondersteun­end op. Die siekte kan nie gesond gemaak word nie, maar hulle probeer die pasiënte stimuleer en doen baie aktiwiteit­e om hulle breinfunks­ie aan die gang te hou.

JJ Watson het op die oomblik drie lopende en vier bedlêende pasiënte. JJ Watson neem nie Alzheimer-pasiënte in nie omdat dit ongeloofli­ke mannekrag en fasiliteit­e benodig. Hulle ondersteun en behandel pasiënte wat wel tydens hul verblyf by die tehuis die siekte ontwikkel soos Patty Burgess wat op haar dag 'n prima ballerina in Londen was en in baie operas gedans het. Hulle gee haar spesifieke take om te verrig, soos om die blommerang­skikkings te doen en die tuin nat te maak. Sy moet ook voor elke ete die servette op die tafels dek. Sy geniet hierdie take vreeslik baie. Sy is steeds lief vir dans en dans gereeld in die gange.

Die tehuis het haar by die Georgeball­etskool laat inskakel. Die dansskool het al gesê dat hulle al baie by Patty geleer het.

 ?? Foto: Wessel van Heerden ?? Okkie Stander, bestuurder van Huis JJ Watson saam met een van hul Alzheimer-pasiënte, Patty Burgess, wat op haar dag ‘n prima ballerina in Londen was en in baie operas gedans het.
Foto: Wessel van Heerden Okkie Stander, bestuurder van Huis JJ Watson saam met een van hul Alzheimer-pasiënte, Patty Burgess, wat op haar dag ‘n prima ballerina in Londen was en in baie operas gedans het.
 ??  ?? JJ Watson, tehuis vir bejaardes.
JJ Watson, tehuis vir bejaardes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa