George Herald

Erfenisdag by tolhuis groot pret

-

Die Erfenisdag­vieringe van die Vriende van die Tolhuis die naweek was 'n groot sukses.

Na ‘n stewige ontbyt van vetkoek met heerlike vulsels en konfyt by die Georgemuse­um het almal die begeleide toer deur die museum en houtmuseum baie interessan­t gevind. Die Vriende van die Tolhuis en vriende het vanjaar met die Voortrekke­rs van Laerskool Blanco kragte saamgesnoe­r om die bakens op die ou Voortrekke­rpas, die Cradockroe­te, te verf. Drie historiese bakens, wat nog nooit sedert 1938 geverf is nie, is vanjaar ook oopgemaak en geverf. Die taak om 33 bakens wat tot dusver opgespoor is, te verf, was aansienlik groter as wat aanvanklik gedink is. Die organiseri­ng van die projek is aangepak deur 'n lid van die Vriende van die Tolhuis, Ken Gie. Hierdie bakens lê sowat 700 m van die tolhuis aan die duskant van die vurk in die pad by die Keur- en Malgasrivi­ere en dit is hier waar die eerste waens in 1812 die baie gevaarlike Cradockpas begin het. "Die gevaar was dat die riviere wat beide in vloed was na die vorige naweek se reën, te gevaarlik sou wees om te kruis, maar dit het mooi afgeloop en met die heerlike sonskyn wat kort-kort deur die wolke gebreek het, was dit die ideale dag vir bakens verf," sê Gerda Stols, een van die groot dryfvere agter die restourasi­e van die tolhuis. By die tolhuis kon besoekers wat nie bakens geverf het nie die boekuitsta­lling oor die passe saam met Elmine Vorster van die George-biblioteek geniet terwyl heerlike eetgoed voortduren­d bedien is. Die Eden Minstrels het almal se aandag geniet en daar is heerlik saamgesing en geklap op hul vrolike musiek.

Die dag is op 'n hoogtepunt afgesluit met heerlike potjiekos wat later die middag gereed was.

Om die bakens klaar te verf, word fikse stappers wat bereid is om Saterdae te werk, gevra om vir Ken Gie te skakel by

083 631 9648. Vrywillige­rs moet rats en vas op hulle voete wees omdat die pas oor die Outeniquab­erge waar die bakens is baie skuins is.

 ?? Foto’s: Ken Gie ?? By die Keurrivier.
Foto’s: Ken Gie By die Keurrivier.
 ??  ?? Die Eden Minstrels was op hul stukke met hul tradisione­le musiek.
Die Eden Minstrels was op hul stukke met hul tradisione­le musiek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa