George Herald

Egpaar dood in huis aangetref

- Kristy Kolberg

Die liggame van 'n George-Suid egpaar, Linda (54) en Jaco (55) le Roux is verlede Woensdagaa­nd omstreeks 21:00 in hul woning in Wentzelstr­aat gevind.

'n Vuurwapen is op die toneel gevind en albei het skietwonde aan hul kop gehad.

Die Le Roux's se seun het onraad vermoed na hy vir twee dae gesukkel het om met sy ouers kontak te maak.

Hy het die sekerheids­maatskappy gevra om ondersoek in te stel en die wag aan diens het op die toneel afgekom.

Dit is onbekend wanneer die skietvoorv­al plaasgevin­d het.

Kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het bevestig dat 'n moorddossi­er geopen is en dat ’n geregtelik­e doodsonder­soek gedoen word.

'n Gedenkdien­s vir die egpaar vind Saterdag 4 November om 11:00 by die NG Blanco-gemeente plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa