George Herald

Saam in die stryd teen tuberkulos­e

- Myron Rabinowitz

William Muller en Dedera Paulse was die Harry Comay TB-hospitaal se pasiënte van die maand vir Oktober.

Die inisiatief is deur die Harry Comay TB-hospitaal begin om pasiënte te bemoedig in hulle stryd teen TB. "Deur hierdie inisiatief wil ons ons pasiënte leer om hulself te respekteer, bewus te wees van ander se behoeftes en om vir ons omgewing om te gee. Deur rolmodelle in die hospitaal en die gemeenskap te identifise­er, beoog ons om ons pasiënte te inspireer en te motiveer," sê dr. Alyssa Loftus.

‘n Paar finaliste word elke maand op grond van spesifieke kriteria gekies (getroue neem van medikasie, vriendelik­heid, netheid, behulpsaam­heid, bywoon van groepsessi­es ens.). ‘n Komitee, bestaande uit dokters, verpleegst­ers en ‘n maatskapli­ke werker, kies dan die twee wenners.

Elke wenner word beloon met ‘n geskenkpak­kie wat eetgoed, basiese toiletware en ‘n warm kombersie of T-hemp insluit.

Volgens Statistiek SA is TB steeds die hoofoorsaa­k van dood in Suid-Afrika. Dit kan enige iemand affekteer, maak nie saak watter kultuur, ras of sosio-ekonomiese klas. Die lang kursus van TBmedikasi­e met moontlike newe-effekte, is soms moeilik vir pasiënte om te voltooi en as die kursus nie korrek voltooi word nie, kan dit tot gevolg hê dat meer weerstandi­ge vorme van TB ontwikkel en versprei.

Indien enige persoon of organisasi­e by hierdie inisiatief of enige van Harry Comayhospi­taal se ander projekte betrokke wil raak, kan hulle die hospitaal in Nelson Mandela-boulevard skakel by 044 803 9000 of

044 814 1108 en vra om met dr.

Loftus te praat.

 ??  ?? Dedera Paulse en William Muller
Dedera Paulse en William Muller

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa