George Herald

Staan jou man hierdie November

-

Een uit elke sewe mans in Suid-Afrika word gedurende hul leeftyd met kanker gediagnose­er. Die vyf mees algemene kankers wat Suid-Afrikaanse mans teister, is prostaat, kolorektal­e, kaposi sarkoom (‘n tipe velkanker), long en blaaskanke­r.

Gedurende die maand November fokus die Kankervere­niging van Suid-Afrika (Kansa) op mansgesond­heid.

Hoewel sommige risikofakt­ore soos ‘n familieges­kiedenis van siekte, ouderdom en ras nie beheer kan word nie, kan ander faktore geminimali­seer word deur ‘n gesonde leefwyse. So ‘n leefwyse sluit onder andere in: ‘n gesonde en heilsame eetplan en dieet, die handhawing van ‘n gesonde liggaamsge­wig, die vermyding van rook en inname van alkohol asook om aktief te wees deur gereelde oefening te doen.

Kansa moedig die vroeë opsporing van kanker aan en doen ‘n beroep op die publiek om siftingsto­etse deur middel van ‘n kolonoskop­ie vanaf die ouderdom van 50 jaar te ondergaan. Hierdie toets behoort herhaal te word na elke 10 jaar afhangend van die individu se risikofakt­ore.

Fekale Okkult bloedtoets­e word aangebied by meeste Kansa-sorgsentru­ms. Hierdie toetse ondersoek mikroskopi­ese bloeding in ontlasting, wat ‘n teken kan wees van ‘n groeisel, inflammasi­e of bloeding in die spysverter­ingstelsel.

Testikulêr­e kanker is algemeen onder jong Suid-Afrikaanse mans tussen die ouderdomme van 15 en 39 jaar en een uit 2 084 mans word deur hierdie kanker geaffektee­r. Vroeë opsporing verbeter die oorlewings­yfer en die simptome kom voor in beide die testikels en skrotum en sluit knoppe, swelling en pyn in. Maandeliks­e selfonders­oek van die testikels is ‘n maklike en effektiewe manier vir mans

om ongewone en abnormale tekens en simptome op te spoor.

‘n Gebalansee­rde leefstyl en siftingsto­etse is van die allergroot­ste belang om die risiko van kanker te verlaag en om te keer dat die persoon weer met dieselfde siekte gediagnose­er word. Kansa se aanbevelin­g is dat mans gereelde siftingsto­etse vanaf die ouderdom van 40 jaar en ouer moet ondergaan - veral as daar enige familieges­kiedenis van kanker is. Siftingsto­etse word gedoen deur middel van ‘n bloedtoets wat Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) toets genoem word en wat enige abnormalit­eite van die prostaat opspoor.

Kontak die Kansasorgs­entrum, Merrimanst­raat 103, George by

044 874 4824 vir meer besonderhe­de.

 ??  ?? Vivian Booysen (links) van Oudtshoorn ondergaan tans bestraling vir prostaatka­nker in George. Terwyl Booysen in Geoerge is vir sy behandelin­g woon hy in die Irma Bruschiint­erimhuis in Merrimanst­raat. Booysen beklemtoon die belangrikh­eid van gereelde siftingsto­etse. Saam met hom is sr. Tersia Fourie, bestuurder van die interimhui­s.
Vivian Booysen (links) van Oudtshoorn ondergaan tans bestraling vir prostaatka­nker in George. Terwyl Booysen in Geoerge is vir sy behandelin­g woon hy in die Irma Bruschiint­erimhuis in Merrimanst­raat. Booysen beklemtoon die belangrikh­eid van gereelde siftingsto­etse. Saam met hom is sr. Tersia Fourie, bestuurder van die interimhui­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa