George Herald

Saak oor en verby

- Michelle Pienaar

Die parkeerple­ksaak waarby 'n George-raadslid, Johan Stander, en 'n voormalige DA-raadslid, Gert Niehaus betrek is, het verlede Donderdag, 10 Mei, uiteindeli­k tot 'n einde gekom.

Landdros Götz Essel het bevind daar is nie voldoende getuienis wat die verdere voortsetti­ng van die verhoor sou regverdig nie. Al drie aanklagte teen Stander is afgelas.

Die saak het gevolg na 'n insident in Oktober 2016, waartydens die twee mans slaags geraak het oor 'n parkeerple­k buite die George-munisipale gebou.

Beide Niehaus en Stander is intussen van die burgemeest­ers komitee verwyder en Niehaus het uit die DA bedank.

Die drie aanklagte wat teen Stander gelê is, sluit in crimen injuria (naamskendi­ng), aanranding en aanranding met die opset om te beseer.

Niehaus het vroeër getuig dat sy nekoperasi­e 'n direkte gevolg was van die onderonsie. Stander het hom met lêers teen die bors gestamp na 'n woordewiss­eling in die parkeerple­k. Niehaus het R200 000 skadevergo­eding geëis.

Landdros Götz Essel het gesê die eerste twee aanklagte is eintlik 'n verdubbeli­ng van een aanklag. Hy het verwys na die getuienis van George-raadslid Gerrit Pretorius, wat tydens die voorval die amp as onderburge­meester beklee het. Pretorius het vroeër getuig dat Niehaus aan hom erken het dat hy op Stander gevloek het. Stander se regsvertee­nwoordiger, Eckert Brand, het verduideli­k dat die aanklag om daardie rede nie water dra nie. "Jy kan nie iemand van laster aankla as jy self die persoon belaster het nie," het hy gesê.

"Wat die derde aanklag betref het hy bevind dat alhoewel dit op die oog af aanranding mag wees, is die tipiese geval, soos ons van dag een af gesê het, nie iets waarmee die hof homself besig behoort te hou nie. Dit is 'n aangeleent­heid waar twee grootmense hulle soos kinders gedra het en die howe hou hulself nie met daardie goed besig nie en daarom het hy hom onskuldig bevind."

"Die aansoek was een van ontslag. Aan die einde van die staat se saak kan die beskuldigd­e vra waar daar nie voldoende getuienis is nie, dat hy ontslaan word. Dit is presies wat hier gebeur het. Ons het so 'n aansoek gebring en die landdros het bevind daar is nie voldoende getuienis wat die verdere voortsetti­ng van die verhoor sou regverdig nie. Hy is op al drie aanklagte ontslaan."

Lewe na die saak

Stander het na die hofsitting gesê dit was 'n moeilike 19 maande. Hy het medekolleg­as, sy familie en sakelui bedank vir hul vertroue in hom en volgehoue ondersteun­ing. "Al wat ek vir jou kan sê is dat van dag een af was hierdie hele aanklag gebaseer op leuens en bedrieglik­e optredes. Ek wil nou rustig huis toe gaan."

Wat sy regskoste betref het Stander gesê dit Johan Stander (links) en sy regsvertee­nwoordiger, Eckert Brand. gaan oor meer as net regskoste.

"Ek is op 'n stadium benadeel in my eie werksituas­ie, as gevolg van hierdie insident. Ek was nog altyd eerlik en opreg. Wat hierdie mense aan my probeer doen het en om my op hierdie manier te probeer verneder en af te breek was hartverske­urend. Ek kon dit nie van my eie kollegas aanvaar nie.

Maar ek moet sê daar was ander kollegas, opposisiep­artye, sakelui, die algemene publiek wat deurentyd by my gestaan het."

Niehaus het by navraag gesê dit was nie sy saak nie. "Ek het die klagte by die polisie gaan lê en die staat het dit hanteer. Ek het respek vir die staat se uitkoms. Ek stem glad nie saam daarmee nie, dit is alles behalwe die waarheid. Op die einde van die dag sit ek met die bewyse en dit het nooit in die hof voorgekom nie."

Op 'n vraag of hy 'n siviele eis gaan instel, het Niehaus gesê hy gaan nou aan met sy lewe. "Ek is nou klaar met politiek en al hierdie Mickey Mouse bakleiery en nonsens. Ek wil 'n kind van die Here wees en my werk doen."

 ??  ?? Gert Niehaus (tweede van links) saam met Maria Greeff, Elsie Olivier, Enrico Stalmeeste­r en pastoor Cedric Smart. Foto’s: Michelle Pienaar
Gert Niehaus (tweede van links) saam met Maria Greeff, Elsie Olivier, Enrico Stalmeeste­r en pastoor Cedric Smart. Foto’s: Michelle Pienaar
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa