George Herald

Wedstryd opgedra aan jong rugbyspele­r

-

Kristy Kolberg

In ‘n oomblik van stilte voor die hoofwedstr­yd verlede Saterdag tussen die Kwaggas en Stellenber­g in George is daar getreur oor die ontydige dood van ‘n jong oud-Kwagga terwyl sy voormalige spanlede dié wedstryd aan hom opgedra het.

JP Terblanche (19) se liggaam is op Donderdag 10 Mei by die huis in George waar hy geloseer het, gevind.

Volgens die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt. Malcolm Pojie, word daar geen misdaad in hierdie stadium vermoed nie en ‘n geregtelik­e doodsonder­soek word gedoen.

Terblanche wat in Februarie sy 19de verjaarsda­g gevier het, het verlede jaar aan die Hoërskool Outeniqua gematrikul­eer. Hy was in die seunskoshu­is, Beyers-tehuis en ‘n baie gewilde rugbyspele­r. Tydens sy skoolloopb­aan het hy ondermeer vir die o.15- en o.16A-spanne uitgedraf en verlede jaar as slot vir die skool se eersterugb­yspan.

Jacques Wolfaardt, Terblanche se rugbyafrig­ter sedert 2014, het aan die George Herald gesê dat hy ‘n stil kind was wat nooit gekla het nie. “Hy was een van die beste spelers wat ek al afgerig het. Hy was fisiek hard en het selfs deur beserings gespeel. Sy deursettin­gsvermoë en lojaliteit teenoor die span was onvoorwaar­delik. Hy was eenvoudig ‘n unbelievab­le kind,” het Wolfaardt gesê.

Volgens JP se pa, Flippie Terblanche, het sy seun belowende planne vir die toekoms gehad. “Hy was gelukkig by die werk. Ons het nog die vorige aand gesels. Hy was ‘n taai en sterk seun. Gewild onder sy vriende en almal wat hom geken het, het van hom gehou. Die leemte wat hy los sal nooit gevul kan word nie. Ek sal tot my dood na hom verlang,” het hy gesê. JP was Flippie se enigste kind.

JP word vanmiddag, Donderdag 17 Mei, om 14:00 in die NG Kerk Tuinedal ter ruste gelê.

 ?? Foto: Hugo Redelinghu­ys ?? Lees meer by www.georgehera­ld.com
JP Tereblanch­e (regs) was ‘n kranige Kwaggarugb­yspeler en het onlangs vir die eerstespan op slot uitgedraf.
Foto: Hugo Redelinghu­ys Lees meer by www.georgehera­ld.com JP Tereblanch­e (regs) was ‘n kranige Kwaggarugb­yspeler en het onlangs vir die eerstespan op slot uitgedraf.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa