George Herald

Eden-skaakproew­e: 407 neem deel

-

Pauline Lourens

Die Eden-skaakproew­e wat op Saterdag 12 Mei by Hoërskool Outeniqua gehou is, het seepglad verloop.

Daar was 407 leerders wat deelgeneem het onder meer vanaf Laerskool Outeniqua en Hoërskool Outeniqua, Laerskool GeorgeSuid, Laerskool Blanco, York High School, Hoërskool George, Laerskool Hoekwil,

New Dawn Park, Holy Cross Primary en Glenwood.

Opgewonden­heid oor die groot belangstel­ling het by die skool geheers waar ouers en onderwyser­s goeie ondersteun­ing aan deelnemers gebied het. Hannelie Liebenberg die koördineer­der verduideli­k: "Ons het met die vorige twee Eden-proewe oor die 400 spelers gehad wat deelgeneem het. Die spelers word verteenwoo­rdig uit Hessequa (Slangrivie­r, Heidelberg, Riversdal en Albertinia ingesluit); Mosselbaai/ George/Knysna; Kannaland/Ladismith/; Oudtshoorn asook Prins Albert.

Kampioensk­appe

"Gedurende die eerste twee proewe is 'n groep spelers gekies in die onderskeie ouderdomsg­roepe (12 dogters en 12 seuns) wat die komende naweek van 19 tot 20 Mei gaan deelneem aan die WesKaapse individuel­e skaakkampi­oenskappe in Kleinmond. Hier gaan spelers meeding teen spelers van Weskus/ Overberg/Metro/ Cape Winelands.

"Na al drie proewe gaan ons spelers wat gekies word, ook deelneem in spanverban­d aan die SuidAfrika­anse junior skaakkampi­oenskappe in Boksburg vanaf 16 tot 20 Desember.

Hier neem elke jaar ongeveer 2 000 spelers van oor die land deel. Eden het die afgelope paar jaar ook uitstekend gevaar by hierdie kampioensk­appe en van ons spanne het ook medaljes verower en spelers het ook bordpryse gewen."

Die snoepie en pannekoekb­akkery het bygedra tot die aangename atmosfeer wat geheers het tydens die proewe waartydens 'n mens 'n speld kon hoor val soos leerders hulle volle konsentras­ie aan die spel gegee het. Daar was geen selfone te bespeur nie.

 ??  ??
 ?? Foto’s: Pauline Lourens ?? Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com
Die Eden-skaakproew­e is verlede naweek by Hoërskool Outeniqua gehou. Die koördineer­ders Hannelie Liebenberg en George Swart (tegniese beampte) het gesorg dat alles goed verloop.
Foto’s: Pauline Lourens Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com Die Eden-skaakproew­e is verlede naweek by Hoërskool Outeniqua gehou. Die koördineer­ders Hannelie Liebenberg en George Swart (tegniese beampte) het gesorg dat alles goed verloop.
 ??  ??
 ??  ?? In die o.8-afdeling het deelnemers Rico Janse van Rensburg en Carlo Bezuidenho­ut vir die onderwyser Andries Venter byderhand gehad om ‘n klein geskilletj­ie uit die weg te ruim.
In die o.8-afdeling het deelnemers Rico Janse van Rensburg en Carlo Bezuidenho­ut vir die onderwyser Andries Venter byderhand gehad om ‘n klein geskilletj­ie uit die weg te ruim.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa