George Herald

‘Dis lekker langs die operasieta­fel’

-

Alida de Beer

Om in 'n operasiete­ater te werk waar hy deel is van 'n span waar mense heel gemaak word, is vir Darren Woods een groot lekkerte. Woods het verlede Vrydag 11 Mei, Mediclinic George en Mediclinic Geneva se 2018-toekenning vir uitnemendh­eid in verpleging ontvang. Dit is oorhandig tydens die hospitaal se viering van Internasio­nale Verpleërsd­ag tydens 'n ontbyt by 101 Meade.

"Ek het dit glad nie verwag nie," het Woods, 'n ingeskrewe verpleegas­sistent, gesê. Dit is sy liefde vir sy werk wat maak dat hy dit met toewyding doen. Hy werk in die ortopedies­e teater waar onder andere knievervan­gings en operasies op elmboë en skouers gedoen word. "Wanneer ek in die mall stap en ek sien een van ons pasiënte wat 'n knievervan­ging gehad het, is dit vir my bevredigen­d om te weet ek was deel van die span wat daardie persoon gehelp het." Woods het drie jaar gelede by Mediclinic George begin werk nadat hy aan die Immanuel-verpleegsk­ool op Oudtshoorn gekwalifis­eer het. Die verpleegbe­stuurder, Alna de Villiers, het gesê Woods word beskou as 'n groot bate vir Mediclinic. Hy toon respek teenoor ander en ondersteun sy medeperson­eellede. Hy stel altyd die pasiënt eerste, het 'n positiewe ingesteldh­eid en is altyd bereid om te help. "Sy fokus is op pasiëntvei­ligheid en -tevredenhe­id."

Andrea Moss is as die tweede beste verpleegku­ndige aangewys. Nominasies vir die toekenning word gedoen deur kollegas.

Mediclinic-bestuurder, Kassie Karstens, het die verpleegpe­rsoneel bedank vir hul toewyding. "Ons personeel werk met omgee en empatie, hulle is toegewyd en werk lang ure. Dis nie net 'n werk nie, maar 'n onselfsugt­ige diens wat hulle lewer. Dit is hulle lewensroep­ing om ander te help beter word, en pasiënte en hul families te ondersteun waar herstel nie moontlik is nie."

Die amptelike datum vir Verpleërsd­ag is 12 Mei, die geskiedkun­dige figuur, Florence Nightingal­e se verjaardag.

 ?? Foto: Alida de Beer ?? Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Darren Woods met sy toekenning vir uitnemendh­eid in verpleging met weerskante van hom Mediclinic George se bestuurder, Kassie Karstens en verpleegdi­ensbestuur­der, Alna de Villiers.
Foto: Alida de Beer Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com Darren Woods met sy toekenning vir uitnemendh­eid in verpleging met weerskante van hom Mediclinic George se bestuurder, Kassie Karstens en verpleegdi­ensbestuur­der, Alna de Villiers.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa