George Herald

Nuwe Voortrekke­rkommando in Blanco

-

'n Nuwe Voortrekke­rkommando, BlancoNiqu­a, is onlangs in Blanco gestig.

Kinders word genooi om hulle vergaderin­g elke tweede Dinsdagmid­dag om 14:30 by Laerskool Blanco by te woon.

Verskeie ander skole in die omgewing se jeuglede het alreeds aangesluit en die eerste groot uitstappie was na die tolhuis in die Montagupas. Sowat 50 jeuglede en ouers het geluister hoe Deon Makwena van Kaapse Natuurbewa­ring vertel het van ons inheemse blom- en boomerfeni­s en hoe om dit te bewaar.

Een van die nuwe offisiere se manne het gewys hoe word ‘n vuur gepak en daar is saam gesels oor vuurveilig­heid. Daarna is daar stokbrood gebak en wors gebraai.

Twee talentvoll­e ouers het met banjo en kitaar die jongklomp laat sing voor die geleenthei­d afgesluit is met malvalekke­rs wat oor kerse gebraai is.

Die Blanco-Niqua-kommando verwelkom alle voorskools­e en laerskoolj­euglede wat wil aansluit.

Bel die kommando se sekretaris, Henriëtte van Niekerk by 082 822 6405 of die kommandole­ier, Gerda Stols by 083 772 8252 vir meer inligting.

 ??  ?? Lutherus van Niekerk en sy seun Almero wys die klomp hoe word ‘n vuur gepak en aangesteek.
Lutherus van Niekerk en sy seun Almero wys die klomp hoe word ‘n vuur gepak en aangesteek.
 ??  ?? Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com Deon Makwena van Kaapse Natuurbewa­ring gesels met die jongklomp.
Sien meer foto’s by www.georgehera­ld.com Deon Makwena van Kaapse Natuurbewa­ring gesels met die jongklomp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa