George Herald

Julle skuld ons antwoorde

-

Belastingb­etaler, George:

Ek lees verlede week se voorbladar­tikel van die DA wat niks vir die raad wil sê oor die ondersoek van die Valke rondom hul ondersoek na beweerde tenderbedr­og nie. Hoekom voel julle so, dink julle nie dat julle die raad en die publiek antwoorde skuld nie. Niemand wil weet wat die meriete van die saak is nie. Niemand wil die saak vooruit loop nie. Julle kon darem terugvoer gegee het waarin julle die ondersoek bevestig, bolangs sê waaroor dit gaan en die inwoners die versekerin­g gegee het dat dienslewer­ing steeds jul prioriteit is. Hou asseblief op om politiek te speel! Inwoners voel reeds onseker oor die toedrag van sake by die munisipali­teit na die klopjag van die Valke, ek neem aan die amptenare ook. Sterk en ware leierskap ontbreek en dit gaan die DA-beheerde munisipali­teit duur kos.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa