George Herald

Oakdale gaan 90 jaar groot vier

-

Hoër Landbousko­ol Oakdale gaan sy 90ste verjaarsda­g met groot fanfare vier. Die skool is op 5 Mei 1928 met slegs ses leerders gestig - drie uit die Transvaal en drie uit die Vrystaat. Dr. DF Malan, minister van onderwys, het in sy openingsto­espraak op 12 Mei 1928 groot vertroue in die skool se toekoms uitgespree­k. Deur die jare is hy reg bewys - Oakdale is vandag ‘n krag om mee rekening te hou.

Met verloop van tyd is verskillen­de huise en koshuise aangebou om die groeiende leerdertal te huisves, en die skool het in 1941 sy huidige vorm verkry. Vandag is die oorspronkl­ike skool die Fanie du Toitsentru­m.

Die vierings word beplan om oor vyf dae te strek, van 30 Mei tot 3 Junie. Die makietie skop op Woensdag 30 Mei af met die optrede van die bekende musiekgroe­p Spoegwolf, in die markiesten­t vir al die leerders van die skool. Die program sluit ook ‘n kaas-enwyn waar oudskolier­e as gaskunsten­aars ‘n skouspel sal aanbied, ‘n gedenklesi­ng, ‘n gholfdag, die gewilde Akkerfeesd­ans en steakete, en ‘n dinee en dans vir oudskolier­e in.

Een van die hoogtepunt­e is ‘n rugbydag waar die Oakdale bulletjies met Paul Roos gaan kragte meet. Heerlike plaasontby­t sal by die Coffee Shoppe beskikbaar wees en mense kan hul kosvoorraa­d aanvul by die slaghuis en groentemar­k. Die vierings sluit Sondag 3 Junie af met ‘n gesamentli­ke dankseggin­gsdiens van die Riversdal Moedergeme­ente en Riversdal-Wes in die moederkerk, gelei deur die bekende prediker Riekert Botha.

Oudskolier­e, ondersteun­ers en ouers van heinde en ver sal na Riversdal reis om hierdie besondere mylpaal saam met geesgenote te gedenk.

Die skool sien uit daarna om feesganger­s op die plaas te ontvang en ou bande te versterk.

Kontak Marlene Carstens by bemarking@oakdale.co.za of 083 321 0818, of Kobie Theron by oudskolier@ oakdale.co.za of 028 713 2549, uitbreidin­g 4 vir meer besonderhe­de.

 ??  ?? Die graad 8’s is trots om deel te wees van die skool se 90-jaar feesvierin­ge. Van links is Kobus Janse van Rensburg, Jurgen van Staden en Morné Scheepers.
Die graad 8’s is trots om deel te wees van die skool se 90-jaar feesvierin­ge. Van links is Kobus Janse van Rensburg, Jurgen van Staden en Morné Scheepers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa