George Herald

Weet wanneer jou hond gaan byt

-

Hoeveel keer het jy al gehoor "my hond het my gebyt en ek het dit nie sien kom nie"? Daar is sekere honderasse wat baie min emosies toon, maar normaalweg gee honde oorgenoeg waarskuwin­gs voor hulle oorgaan na tot byt. Slegs nadat die hond op alle moontlike maniere in sy eie taal gevra het om hom spasie te gee, en dit gebeur nie, gebruik hy die laaste uitweg om uit 'n situasie te kom, hy byt.

Só hoe sal jy weet voor dit gebeur?

Wanneer jou hond begin ongemaklik of bedreig voel, sal hy een of meer van die volgende metodes gebruik om te vra vir meer spasie of om weg te gaan. Onthou dit is in jou hond se taal.

1. Hy mag begin gaap, sy oë knip, sy snoet begin lek en sy lippe begin lek. Hy sal 'n ongemaklik­e uitdrukkin­g en lyftaal hê.

2. As hy nie spasie kry nie mag hy dalk sy kop wegdraai en in 'n ander rigting kyk.

3. Hy mag dalk sy lyf wegdraai van wat hom ongemaklik laat voel, gaan sit en moontlik met sy voorpoot op die grond krap.

4. Hy mag dalk opstaan en probeer wegloop.

5. Hy mag dalk met 'n kruipbeweg­ing probeer weg kruip van die ongemaklik­e situasie met sy ore agtertoe plat teen sy kop.

6. Hy mag dalk krom staan met sy stert styf tussen sy bene gedruk.

7. Hy mag dalk op sy sy gaan lê met 'n poot in die lug.

8. Sy hele lyf mag dalk styf word amper asof hy vries en net vorentoe staar.

Een of selfs al hierdie lyftaal sou hy tot nou toe gebruik het. Indien jy nog steeds nie verstaan nie, sal die volgende meer ernstige taal gebruik word om jou te vra vir meer spasie. Volgens jou hond het hy nou alles probeer om jou te laat verstaan dat hy ongemaklik is, maar jy kry nog nie die boodskap nie. Die volgende is al wat hy oorhet, volgens hom.

9. Hy sal begin grom. Moet nooit 'n grom straf nie. Dit is 'n goeie waarskuwin­g vir wat volgende dalk kan gebeur. Deur die hond vir 'n grom te straf sal dat hy nie daardie waarskuwin­g weer gebruik nie, maar direk oorgaan tot die volgende.

10. Die hond sal sy tande wys, sy oë sal groot word en hy sal direk na jou kyk.

11. Die hond voel jy kry nie die boodskap nie en hy byt.

Vir meer oor waarskuwin­gs tekens voor 'n byt kontak my gerus: george@ rehabdogwo­rks.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa