George Herald

Bowling Stones lei in rolballiga

-

Jannie Meyer

Bowling Stones, een van die borgspanne van die Hereford Group George & Love for Vintage-winterliga vir besigheids­panne, wat deur die Outeniqua-rolbalklub aangebied word, het vir die eerste keer na verskeie reekse die eerste plek ingeneem na 'n mooi oorwinning oor die gedugte Vorster Motors.

Nou sal hulle moet klou as hulle aspirasies het om die liga te wen.

In die derde ronde van die reeks kom hulle vanaand (Donderdag) teen Disasters te staan en die verwagting is dat beide spanne alles sal uithaal om 'n oorwinning te verseker.

The Bowlbarian­s is tans die nuwelinge wat die beste vaar met hul sesde posisie.

Mend a Bath het ook goed opgeskuif en beset tans die derde plek met Boardware kort op hul hakke. Die wedstryde begin soos gewoonlik om 18:00 by die Outeniquar­olbalklub in Airwayweg, Heatherpar­k met die prysuitdel­ing wat teen ongeveer

20:00 aanbreek. Die klub verwelkom alle belangstel­lendes wat die wedstryde gratis kan bywoon.

Lede van die klub berei ligtes etes om die hongerpyne te verdryf en 'n kontantkro­eg is ook beskikbaar.

Uitslae:

1 Bowling Stones 25; 2 Disasters 25; 3 Mend a Bath 24; 4 Boardware 23; 5

KTV 21; 6 The Bowlbarian­s 21; 7 Ricoh

19; 8 Supporters 19; 9 Miskruiers 19; 10 Paintsmith­s 17; 11 Bondexcel 17; 12 Vorster Motors 16; 13 Just Property 15; 14 Hot Stuff 15; 15 Kommaweer Stoffeerde­rs 14; 16 GRM & WJC 14; 17 Pik 'n Wyn 13; 18 Angel's 11; 19 4 Musketeers 11; 20 Amec Plastic 11; 21 Finovo 9; 22 Hereford Group George 9; 23 Jack's Paint & Hardware 8; 24 Butz & Gutz 8.

Wedstrydly­s:

Finovo t Hereford Group George; 4 Musketeers t Amec Plastic; Pik 'n Wyn t Angel's; Bowling Stones t Disasters;

Mend a Bath t Boardware; KTV t The Bowlbarian­s; Ricoh t Supporters; Miskruiers t Paintsmith­s; Bondexcel t Vorster Motors; Just Property t Hot Stuff; Kommaweer Stoffeerde­rs t GRM & WJC; Jack's Paint & Hardware t Butz & Gutz.

 ??  ?? Anthony Martin (links) en Johann Faber van span Supporters, hou sake fyn dop terwyl Jens Zeeberger sy beste balle rol.
Anthony Martin (links) en Johann Faber van span Supporters, hou sake fyn dop terwyl Jens Zeeberger sy beste balle rol.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa