George Herald

Darren Fortuin skitter vir

-

Pieter Ferreira (links) en Jaco Gerber (stut) maak seker die voorspeler van Stellenber­g het geen voet om op te staan nie.

André Stander

Die Kwaggas se o.19A-rugbyspan kan met reg trots wees op hul oorwinning van 31-22 teen die gedugte span van Hoërskool Stellenber­g. Die Kwaggas het vier pragdrieë in die interskole-kragmeting gedruk.

Wat die oorwinning nog soeter maak, is dat die Kwaggas die bordjies verhang het nadat hul verlede jaar in Bellville met 43-38 slae gekry het.

Die Kwaggas het hul lywe op die spel geplaas met hul puik verdedigin­g teen 'n span wat verlede week nog vir Hoërskool Brackenfel­l met 47-0 afgestof het.

Die vlugvoetig­e buitesente­r van die wenspan, Darren Fortuin, was ongetwyfel­d die beste speler op die veld. Sy briljante aftrap, aanvoeling vir ‘n gaping en plettervat­te het die besoekers hoofbreken­s besorg. Sy puik drie in die tweede helfte, wat hy binne sy eie halfgebied begin en onder die pale afgerond het, het die groot skare op hul voete gehad. Fortuin is definitief ‘n talentvoll­e speler wat nog diep spore in SA rugby kan trap.

Die Kwaggas se afrigtings­korps verdien ‘n pluimpie vir die slim skuiwe om vir Aylon Scabort (kaptein) vanaf skrumskake­l na binnesente­r en Abre Minnie agter die oond te laat diens doen.

Hul skuiwe het vrugte afgewerp met Minnie wat vinnig agter die skrums skoongemaa­k het en Scabort was ‘n yster in die aanval en verdedigin­g. Matthew Thorne (heelagter), Herchelle Otto (regtervleu­el) en Zinedine Robinson (losskakel) kan ook tevrede voel met hul spel.

Voorlangs het hul lostrio, Braam van Huyssteen, Leon Volschenk, Bennet Nortje, slotpaar André Pretorius en Pieter Ferreira, gekook. Hul hele voorry, Jaco Gerber, Eldon Lotz en Brian Williams het tot die einde stewig vertoon teen die swaarder pak van die besoekers.

Outeniqua se drieë is gedruk deur Eldon Lotz, Bennet Nortje, Darren Fortuin en Herchelle Otto. Fortuin slaag ook met

 ??  ?? Die Kwagga-keurders se besluit om Abre Minnie op skrumskake­l in te span, was ‘n groot sukses. Minnie se diens was blitsig en hy was oral op die veld om bewegings verder te voer. Darren Fortuin het vir die Kwaggas drie doelskoppe deur die pale gejaag.
Die Kwagga-keurders se besluit om Abre Minnie op skrumskake­l in te span, was ‘n groot sukses. Minnie se diens was blitsig en hy was oral op die veld om bewegings verder te voer. Darren Fortuin het vir die Kwaggas drie doelskoppe deur die pale gejaag.
 ??  ?? Braam van Huyssteen, vurige flank van die Kwaggas, bars weer met gemak deur Stellenber­g se verdedigin­g. Met die bal in die hand het dit ‘n paar spelers gekos om hom grond toe te bring.
Braam van Huyssteen, vurige flank van die Kwaggas, bars weer met gemak deur Stellenber­g se verdedigin­g. Met die bal in die hand het dit ‘n paar spelers gekos om hom grond toe te bring.
 ?? Foto’s: Hugo Redelinghu­ys en Anton Gericke ?? Die Kwaggas se bul-slot Pieter Ferreira stamp ‘n speler van Stellenber­g met brute krag af.
Foto’s: Hugo Redelinghu­ys en Anton Gericke Die Kwaggas se bul-slot Pieter Ferreira stamp ‘n speler van Stellenber­g met brute krag af.
 ??  ?? Leon Volschenk, flank van die Kwaggas, bring ‘n speler van Stellenber­g grond toe.
Leon Volschenk, flank van die Kwaggas, bring ‘n speler van Stellenber­g grond toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa