George Herald

Tannie Greta US-koor se langslewen­de lid

-

Tannie Greta Gericke, 'n vrou wat diep spore in George getrap het, se "roem" strek verder as net George!

In die jaar wat beide tannie Greta en die Universite­it Stellenbos­ch 100 jaar oud word, word sy nie deur haar alma mater vergeet nie. Sy is verlede week op die universite­it se sosiale media as langslewen­de oudunivers­iteitskoor­lid onthou.

Sy is ook die eerste student wat die graad B.Sc in liggaamsop­voeding in Suid-Afrika en dus ook aan die US verwerf het.

Tannie Greta, wat in Oktober vanjaar 100 word, het van 1938 - 1940 aan die universite­it studeer, nadat sy van 1936 -1937 in Engeland by Dartford College in Kent studeer het omdat die kursus nog nie in Suid-Afrika beskikbaar was nie. Sy was 'n inwoner van Harmonie-dameskoshu­is.

Tannie Greta het in die universite­itskoor onder leiding van beide William Morris en prof. Gawie Cilliers gesing,

Die Maties se beriggie lees verder: "Tannie Greta, wat ook in 1940 kaptein van die US se eerste vrouehokki­espan was, koester goeie herinnerin­ge van haar dae by US: 'Ons het destyds self ons sportunifo­rms ontwerp. Ek onthou hoe ons van Coetzenbur­g, waar ons die praktiese deel van ons opleiding gekry het, fiets gery het na die hoofkampus. Stellenbos­ch het natuurlik destyds heeltemal anders gelyk as vandag. Daar was byvoorbeel­d geen geboue by Coetzenbur­g nie. Die enigste geboude struktuur was die pawiljoen.' "

Die George-gemeenskap is trots op tannie Greta wat in 2018 saam met die Universite­it Stellenbos­ch 100 jaar oud word.

Lees die berig op die Maties se Facebookbl­ad wttps://www.facebook.com/ stellenbos­chuniversi­ty/photos/.

Volgens die US se webblad het dit in 1918 met slegs 40 doserende personeell­ede begin. Oor die afgelope 100 jaar het die universite­it uitgebrei en is daar vandag meer as 3 000 dosente, navorsers en profession­ele en administra­tiewe steunperso­neel.

 ??  ??
 ??  ?? Tannie Greta Gericke
Tannie Greta Gericke

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa