George Herald

Ons ‘Wellington Waver’ aangeval en beroof

- Kristy Kolberg

George se geliefde Rayneé Meyer, wat in 2015 naam gemaak het as die ‘Wellington Waver’, is Maandagogg­end omstreeks 02:00 in Eilandstra­at, agter Laerskool Denneoord, aangeval en beroof.

Hy het aan die George Herald vertel dat hy op pad werk toe was toe twee mans hom oorval het. “Hulle het my heeltemal onverwags betrap. Een het my op die grond neergedruk en my gewurg terwyl die ander een my sakke deursoek het. Hulle het my ook met ‘n skerp voorwerp gesteek. Al wat hulle gevat het, was my selfoon,” sê hy.

Hy het met ‘n blou oog en ligte steekwonde aan sy bolyf, rug, arms en hande ontsnap en die rowers het te voet gevlug.

In die onderhoud met Meyer het dit aan die lig gekom dat hy baie ontsteld was oor sy selfoon wat weg is. Hy was veral ontsteld omdat al sy musiek en foto’s wat op die toestel was, nou verlore is.

“Hy het ná die aanval by die huis gekom, my wakker gemaak en gesê sy selfoon is weg. Toe sien ek eers al die bloed,” het sy ma, Magaret, vertel.

Meyer het in 2015 ‘n oornagsens­asie geword ná hy motoriste in Wellington­straat met ‘n groot glimlag en vriendelik­e gewuif begin groet het. Daarna het hy by die Shell-vulstasie in Courtenays­traat ‘n werksaanbo­d gekry om die selfde taak te verrig.

Hy is steeds ‘n hoogtepunt vir baie mense wat in die oggende op pad werk toe verby hom ry.

“Die dokter het gesê ek kan Donderdag [vandag] weer gaan werk. Hy het ook vir my ‘n skokstok gegee wat ‘n flits aan het,” vertel Meyer ingenome.

Teen druktyd is daar nog niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die George Herald het ook met Meyer en sy ouers se toestemmin­g, ‘n videoonder­houd oor sy ondervindi­ng gemaak. Gaan loer gerus hierna by www.georgehera­ld.com

 ??  ??
 ?? Foto’s: Kristy Kolberg ?? Met ‘n blou oog en stywe spiere, gewapen met ‘n skokstok is Rayneé Meyer gereed om vandag weer werk toe te gaan.
Foto’s: Kristy Kolberg Met ‘n blou oog en stywe spiere, gewapen met ‘n skokstok is Rayneé Meyer gereed om vandag weer werk toe te gaan.
 ??  ?? Die steekwonde aan Rayneé se bolyf.
Die steekwonde aan Rayneé se bolyf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa