George Herald

Skoolkore verstom in burgersent­rum

- Wessel van Heerden

Voorbereid­ingskool George was die gasheer van die 2018 Musiek Montage wat Dinsdagaan­d 22 Mei in die Georgeburg­ersentrum gehou is. Dit is waar plaaslike laerskoolk­ore die geleenthei­d gekry het om hul sangtalent ten toon te stel. Die tema van hierdie jaar se Musiek Montage was, ‘Musiek maak die wêreld kleurvol’.

Baie harde werk en oefen het ingegaan om die volgepakte burgersent­rum in ongeloof te laat luister na die suiwer klanke en samesang wat die kore opgedis het.

Na die verwelkomi­ng deur Lokkie Fourie is die verrigting­e afgeskop deur die SuidKaap Kinderkoor. Hulle is gevolg deur Laerskool George-Suid se junior koor,

Holy Cross se junior koor en die koor van Voorbereid­ingskool George.

Die hoof van Voorbereid­ingskool, AD Roux, het die amptelike bedankings gedoen waarna die eerste helfte afgesluit is deur samesang van al die bogenoemde kore.

Die tweede helfte het afgeskop met Holy Cross Primêr se vokale ensemble. Daarna het Laerskool Outeniqua se junior koor, Laerskool George-Suid se senior koor, Laerskool Outeniqua se vokale ensemble, Holy Cross Primêr se senior koor en Laerskool Outeniqua se skoolkoor hul talente ten toon gestel.

Die aand se verrigting­e is met luide applous afgesluit deur die senior massakoor, wat ‘n ABBA-potpourri gesing het.

 ??  ?? Die eerste helfte van die Musiek Montage is afgesluit deur ‘n junior massakoor. Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
Die eerste helfte van die Musiek Montage is afgesluit deur ‘n junior massakoor. Sien ‘n video by www.georgehera­ld.com
 ??  ?? Die welbekende Suid-Kaap Kinderkoor het die 2018 Musiek Montage afgeskop wat hierdie jaar deur Voorbereid­ingskool George in die George-burgersent­rum aangebied is.
Die welbekende Suid-Kaap Kinderkoor het die 2018 Musiek Montage afgeskop wat hierdie jaar deur Voorbereid­ingskool George in die George-burgersent­rum aangebied is.
 ??  ?? Laerskool Outeniqua se skoolkoor het tradisione­le klopse- en Xhosa-liedjies gesing soos, Hou djou rokkies en Dubula.
Laerskool Outeniqua se skoolkoor het tradisione­le klopse- en Xhosa-liedjies gesing soos, Hou djou rokkies en Dubula.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa