George Herald

Medebeskul­digde nou staatsgetu­ie

-

Kristy Kolberg

Die voormalige DA-raadslid Henry Jones en sy medebeskul­digde, Eglowh Johnson, het Dinsdag 15 Mei in die Georgestre­ekhof verskyn vir ‘n voorverhoo­r.

Die aanklagte teen hulle spruit uit ‘n voorval waar hulle na bewering betrokke was by die onwettige verkoop van gesubsidie­erde erwe en HOP-huise.

In ‘n dramatiese wending op 6 Mei in die Thembaleth­u-streekhof waar die saak voortgesit is, het Johnson, wat op 10 aanklagte van diefstal en bedrog in hegtenis geneem is, staatsgetu­ie gedraai.

Johnson het skuldig gepleit en is vyf jaar tronkstraf opgelê. Die termyn is in geheel opgeskort op voorwaarde dat hy hom nie skuldig maak aan bedrog of diefstal tydens die periode van die opskorting nie en dat hy die staat sal help met die ondersoek en sal getuig. Jones staar sowat 12 aanklagte van diefstal en bedrog in die gesig. Hy het nog nie gepleit nie. Hy verskyn weer op 31 Mei in die George-streekhof.

*Former DA councillor Henry Jones and his co-accused, Eglowh Johnson, appeared in the George Regional Court on Tuesday 15 May for a preliminar­y hearing. The charges against them arose from an incident allegedly involving the illegal sale of subsidized plots and RDP houses. In a dramatic turn of events on Wednesday 16 May in the Thembaleth­u Regional Court where the case was continued, Johnson, arrested on 10 charges of theft and fraud, turned state witness. Johnson pleaded guilty and was handed down a five year suspended sentence.

 ??  ?? Henry Jones en Eglowh Johnson voor die George-landdrosge­bou in 2016.
Henry Jones en Eglowh Johnson voor die George-landdrosge­bou in 2016.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa